top of page

NADER TOT GOD, WANT HY WAG REEDS OP ONS

  • Lappieskombers
  • Jan 27, 2017
  • 3 min read


Die Skotse dokter, John Baillie vertel in sy boek, And the life everlasting, van ’n dag wat hy langs ’n sterwende vriend se bed in dié se huis gewaak het. In ’n stadium het sy vriend na hom gedraai met die woorde: “John, jy is ’n geleerde gelowige . . . Wat wag op my nadat ek gesterf het?”


’n Stilte het tussen die mans neergedaal omdat John nie onmiddellik geweet het wat om sy vriend te antwoord nie. As gelowige het hy in die ewige lewe na die dood geglo, maar wat dit presies behels was hy nie presies seker van nie.


Die twee mans het ’n gekrap by die voordeur gehoor en vir John was dit in daardie oomblik asof die Heilige Gees ’n beeld in sy gees laat val het. Hy het na sy vriend gedraai en gevra: “Kan jy die gekrap aan die voordeur hoor?” Sy vriend het geknik. “Dit is my hond wat geduldig buitekant vir my sit en wag. Hy was nog nooit binne jou mooi huis nie. Hy het geen idee hoe dit hier lyk nie. Tog is hy gretig om in te kom. Hoekom? Omdat ek hier is. Dít is al wat ek van die lewe na die dood weet. Ek weet nie wat presies op ons wag nie, maar ek sien uit daarna omdat ek weet dat God dáár is.”


John se sterwende vriend het geglimlag en geknik. “Dankie, my vriend. Dit is vir my genoeg.”


Kan ons seker weet dat ’n lewe na die dood op ons wag?

Ja. In Johannes 3:16 lees ons: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” Ook in 1 Johannes 2:25: “En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe.”


Wat is dus die vereiste vir die ewige lewe?

Om in Jesus Christus as Verlosser te glo.

Ons kom nie tot bekering net om ’n ewigheid van verdoemenis vry te spring nie, maar eerder omdat ons ’n verhouding met God op aarde begeer. Juis hierom kan ons tot Hom nader in oomblikke van bekommernis oor ons geliefdes, wanneer ons wysheid kortkom, in vreesagtige situasies, te midde van versoekings, in die werkplek, in die wagtyd en selfs te midde ’n droogtetyd. Ons doen dit deur ’n tydperk van vas en gebed en om ’n slag stil te word en na God se stem te luister. Ons lees immers in Jakobus 4:8: “Nader tot God en Hy sal tot julle nader.” En ook in Mattheus 7:7:“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word . . .”


Kom ons herinner onsself dat die lewe op aarde tydelik is en dat ons ’n eindbestemming het, naamlik ’n ewige lewe saam met God. Al weet ons nie presies hoe dit gaan wees nie, kan ons gretig daarna uitsien omdat ons weet dat Hy dáár is. Sterkte.


Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U begeerte na ’n verhouding met my selfs sterker is as my begeerte om ’n verhouding met U te hê. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om u stem duideliker te hoor sodat ek U beter kan leer ken. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page