top of page

OM TE BESNOEI IS 'N DAAD VAN GELOOF

  • Lappieskombers
  • Jan 27, 2017
  • 2 min read

“Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee die geld aan die armes, en jy sal ʼn skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!” Hy het geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

Markus 10:21-22

Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Filippense 4:12-13

In ʼn wêreld waar een persent van die bevolking op aarde 80 persent van die natuurlike hulpbronne verbruik terwyl die res onder die broodlyn leef, is dit nodig dat ons ernstig oor ons leefwyse nadink.

As jy werklik omgee vir die wêreld wat God geskep het is dit nodig om jou doelbewus toe te lê op ʼn eenvoudiger leefstyl. Hierdie gedagte aan ʼn lewe van eenvoud is nie nuut nie. Reeds in die Bybel kom ons agter hoe moeilik dit is om vir hierdie soort lewe te kies. Die ryk jong man in die Lukasverhaal kry die geleentheid om te kies vir eenvoud en die kans op ʼn dieper geestelike lewe. Hy het nie daarvoor kans gesien nie, en draai om en loop in die nag in. Dit was sy keuse.

Jy het ook ʼn keuse. Om jou los te maak van ʼn oorvloed materiële besittings en ʼn eenvoudiger leefstyl te kies, is nie bloot ʼn finansiële besluit nie. Dis ʼn geestelike besluit wat jou in ʼn totaal ander verhouding met jou medemens en die omgewing plaas. As dit vir jou moeilik is om eensklaps van alles afstand te doen, groei daarin deur tevredenheid aan te kweek. Pasop vir reklame wat die sug na meer aanmoedig. Voed jou siel met eenvoudige dinge – bv. goeie musiek. Leer om die stilte op te soek. Begin ʼn stokperdjie saam met jou man, vrou of kinders. Kweek rose of leer die name van elke boom in jou tuin ken. Memoriseer tekste uit die Bybel in plaas van popliedjies. Of gebruik jou vryheid om jou talente terug te ploeg in jou gemeenskap.

As jy besluit om ʼn eenvoudiger leefwyse te kies doen dit uit sensitiwiteit teenoor jou naaste en toewyding aan God, nie uit skuldgevoelens of om jouself te vrede te stel nie.

Gebed: Here, ek verstom my die oorvloed van die lewens wat ons lei te midde van soveel armoede. Help my om my aptyt in solidariteit met die wat nie het nie in te kort. Amen

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page