top of page

HEMELSE EN ANDER TUINE

  • Lappieskombers
  • Jan 28, 2017
  • 2 min read

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip

tussen die bome van die tuin.

Genesis 3:8

Deur ons versprei Hy die kennis van Christus soos ʼn aangename geur.

2 Korintiërs 2:14b

Hier aan die einde van twee weke aan die begin van ʼn nuwe jaar, is dit dalk te gou om te vra watter vrugte of blomme jy al in jou tuintjie sien opkom. Nog niks? Moenie moed opgee nie. Dink terug aan daardie boontjiepit wat jy as kind in ʼn lagie watte vertroetel het of daardie avokadopeerpit in ʼn bottel vol water wat jy met ʼn arendsoog dopgehou het vir tekens van groei. Soms het jy geluk en soms moet jy erken jy het net te gou moed opgegee wanneer jy een oggend begroet word deur ʼn verdroogde saadjie of ʼn verlepte plantjie in ʼn fles. Maar as jy jou kom kry het jy maar weer probeer tot daardie plantjie uiteindelik in die agterplaas verplant kon word en kon groei en vrugte dra.

Dis hoe dit is met God se onhandige tuiniers hier op sy aardse akker. Soms vergeet ons om God se Tuingids te raadpleeg wanneer ons tuinmaak. Ons wil die blomme ruik maar vergeet van die harde werk wat nodig is om die tuin in stand te hou. Ons begin fluks maar soms laat ons na om nat te lei, onkruid uit te trek en kunsmis te gee. Partykeer verwar ons goeie plante met dorings en distels en soms lyk die onkruid vir ons al te mooi. Tog wandel God gereeld in ons deurmekaar tuin en vind tog plek-plek ʼn nederige vergeetmynietjie of skaamrosie, of selfs ʼn gesiggie wat hemelwaarts kyk saam met ʼn trotse roos wat smag na ʼn bietjie aandag. Dis dan wanneer God sy genade sprei oor ons trietsige tuintjie en alles nuut maak soos in die Tuin van ouds.

Gebed: Here vergewe ons dat ons soms die goeie saad laat verdroog en die onkruid vir sierblomme aansien. Wees U die tuinier in my akker sodat ek ʼn aangename geur in u skepping kan versprei. Amen

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page