top of page

SLAAN DIE HAND AAN DIE PLOEG

  • Lappieskombers
  • Jan 30, 2017
  • 2 min read

Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord:

“As julle maar geloof so groot soos ʼn mosterdsaadjie gehad het,

sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.

Lukas 17:5-6

Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou

omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”

Lukas 11:61-62

Keer op keer lees ons hoe verbaas Jesus is oor mense se gebrek aan geloof. Hoekom? Omdat God ons met die gawe van geloof geskep het. Vir ʼn kind is geloof die maklikste ding op aarde. Die probleem is dat ons geloof deur negatiwiteit, skeptisisme, sarkasme of sinisme verdof word. Miskien omdat ons nie altyd mooi verstaan wat geloof is nie.

Geloof is handeling. Geloof is om te doen wat Jesus sê. Baie van ons voel dat ons nie genoeg van geloof weet nie, daarom moet ons meer daaroor lees. “Gee my meer geloof!” roep ons uit terwyl ons reeds glo. Al wat jy moet doen is om die geloof wat jy reeds het in werking te stel. Kyk maar na die geloofshelde in die Bybel - baie van hulle ook maar swak en twyfelagtig - wat nie net geglo het nie, maar gewaag het in die geloof. In Hebreërs 11 is die hele gallery van geloofshelde uitgestal ter illustrasie.

Daar kom ʼn tyd in elkeen se lewe wanneer ons ʼn sprong in geloof moet waag. Miskien moet ons ophou om “sit-en-slurp-gelowiges” te wees. Ons sit almal Sondae in die kerk en slurp alles oor die geloof op maar wanneer dit kom by die hand aan die ploeg slaan, sukkel ons daarmee. Ons is soos die Israeliete van ouds wat eerder in die woestyn ronddwaal in plaas daarvan om die land van geloof binne te gaan. Kom ons waag dit uit die nes en gee vlerke aan ons geloof. En voor jy weet sweef jy soos ʼn arend oor God se hemelse landskap.

Gebed: Here U is die wind onder ons vlerke wat ons in staat stel om te sweef soos arende. Amen

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page