Master-Sjef Johan Brits trek 'n hoendertjie nader
- Johan Brits
- Jan 31, 2017
- 1 min read

Jy benodig:
Een pakkie hoenderdye en -boudjies Een ui Een knoffelhuisie Olyfolie Sout en peper Agt aartappels in kwarte gesny Een pakkie gemengde groente Een pakkie cook-in-sauce
So maak mens:

Skil en sny die aartappels en uie.

Geur die hoenderstukke met sout en varsgemaalde swartpeper.

Voeg die aartappels by die hoender in 'n oondvaste bakskottel.

Voeg die uie en knoffel by.

Voeg die gemengde groente by.


Gooi die sous oor die mengsel.

Berei die rys voor.

Bak in die oond teen 180 grade vir 1 uur en vyf en veertig minute

Bedien met rys
Comments