top of page

MY TYE IS IN U HAND

  • Lappieskombers
  • Jan 31, 2017
  • 2 min read

“My tye is in U hand”

Psalm 31:16

Daar is tye wat God in die natuur vasgestel het: die jaargetye, die wisseling van dag en nag. Daar is tye wat deur mense ingestel is: die jaar met sy indeling in afsonderlike maande, die dag met sy indeling in ure - in albei gevalle vaste tye wat herhaal word. Maar daar is ook die tye wat God in die mens se lewe toelaat: tye van voorspoed, afgewissel deur tye van teleurstelling; tye van siekte en tye van goeie gesondheid; tye van vriendskap en tye van verwydering; tye van swaarmoedigheid en tye van lewensblyheid.

"My tye is in U hand" erken Dawid, en hy dink hier aan die vyandigheid van kwaadgesindes, maar bely daarteenoor dat God hom deur alles heen bewaar en beskerm. God weet waar om die lyn te trek. Hy weet wanneer om die oënskynlike gevaar van menslike vyandigheid te laat plek maak vir vriendskap en toegeneentheid.

In watter sin ons die "tye" van ons lewe ook al verstaan, dit bly geleende tyd. Elke tyd, of tydsbestek, in hierdie lewe is 'n geleentheid, wat uit vrye genade aan ons geskenk is en wat benut moet word solank ons dit besit. Dit is geleende tyd in dié sin dat die mens nie daarmee na willekeur mag handel nie, maar dit moet aanwend tot verheerliking van God. Ons kan dus praat van "my tye", maar moet dit altyd sien as: “in U hand".

Ook die tyd van die jeug moet plek maak vir die ouderdom. Maar ons verantwoordelikheid word tot in die grysheid oorgedra. Daarom vra die gelowige in sy ouderdom nog steeds na die wil van God.

Gebed: Here, U het my lewenstye tot hiertoe gereël. Daarom nader ek dankbaar die ewigheid. Lei U my voort. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page