Oondgebakte murgbene
- Suidwesters maak Kos
- Jan 30, 2017
- 1 min read

Beesskenkels word gebruik en die murgbeen word uitgesny en later saam met die bredie gekook. Die murgbene is so lekker dat jy dit ooknet so in die oond kan bak en dan met ’n pietersielieslaai voorsit.
Genoeg vir 4 – 6
• 18 beesmurgbene • 30 g platblaar-pietersielie, fyngekap • 100 g kappertjiesade, fyngekap • ½ ui, baie fyn gekap • sap van 1 suurlemoen • 10 ml olyfolie • suurdeegbrood
Verhit oond tot 200 °C. Plaas murgbene op ’n bakplaat en bak sowat 15 minute in warm oond. Die murg moet aan die binnekant van die bene wegtrek. Maak intussen die slaai. Meng pietersielie, kappertjiesade en ui in ’n mengbak. Voeg suurlemoensap en olie by. Meng goed deur. Sit warm murgbene voor saam met pietersielieslaai en snye geroosterde suurdeegbrood.
Comments