top of page

NADER TOT GOD ... STAP VIR STAP

  • Lappieskombers
  • Feb 3, 2017
  • 3 min read

Hier is ’n uittreksel uit ’n e-pos wat ek ontvang het: “Hoe kan ek weer my verhouding met God herstel? Ek ken Hom, maar dit voel asof ek in hierdie stadium van my lewe vêr van Hom af is en ek weet nie hoe om dit te herstel nie. Het jy raad?”


Voel jy dalk vandag dieselfde as hierdie leser? Jy het ook al tot bekering gekom. Jy het God se teenwoordigheid en krag in jou lewe ervaar en daar was eens ’n brandende passie binne jou om soveel moontlik mense tot redding te bring. Omstandighede, ’n teleurstelling of krisis of bloot ’n besige skedule het egter veroorsaak dat hierdie passie binne jou begin afkoel het. Omdat jy nou skuldig voel aan die eenkant en nie vrymoedigheid het aan die ander kant om na God terug te keer nie, bly die situasie dieselfde. Dít is waar die vyand jou wil hou. Passief.

Daar is egter hoop vir jou situasie.


Wanneer mense vir ’n paar dae vas en die vas word gebreek, is een van die belangrikste dinge om te onthou dat jy nie ’n té groot ete aan die begin moet eet nie. Doen jy dit, sal jou liggaam sukkel om dit te verwerk en jy sal heel moontlik siek voel. Die advies is gewoonlik dat die persoon wat die vas breek, veral as dit ’n vas van meer as twintig dae was, dit met vloeistowwe soos sop moet doen. Só word die liggaam weer gewoond aan kos en sal hy of sy mettertyd sonder moeite aan ’n biefstuk kan smul.


Dieselfde geld vir ons “terugkeer na God”. In stede daarvan om ’n lywige Bybelleesprogram nader te trek of by al wat ’n basaar of bidgroep is betrokke te raak (en daar is verseker plek hiervoor), is die belangrikste om eerstens net weer stil voor God te raak, op Hom te fokus, Hom te vra om deur sy Heilige Gees met ons te praat en dan te luister na wat Hy op die hart het. Begin klein, waar jy is. Jy sal gou beleef hoe jou passie vir God weer vlamvat, hoe jy nie kan wag om die Woord van God op te tel om te lees om Hom sodoende beter te leer ken nie. God is heeldag besig om na ons uit te reik. Ons mis dit egter heelwat kere omdat ons te besig raak.

Onthou, die vyand gaan ons tyd altyd probeer steel deur ons met onbelangrike dinge besig te hou om te verhoed dat ons by God uitkom. Oorwin dit deur doelbewus jou radio in jou motor af te skakel en met God te praat of sommer nadat jy hierdie stukkie gelees het, weer vir God opnuut te nooi om deel van jou lewe te word.


In Jeremia 31:3 lees ons immers: “Die Here het gekom na sy volk wat ver van Hom is. Die Here het gesê: ‘Ek was lief vir julle en Ek sal aanhou om lief te wees vir julle. Julle behoort aan My, daarom hou Ek julle vas’” (Die Bybel vir almal-vertaling). Ook in Jesaja 65:24 lees ons: “Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.”


God het ons elkeen oneindig lief, al voel ons vêr van Hom af. Kom ons keer terug na Hom en maak Hom deel van ons lewens. Hy wag reeds op ons. Sterkte.


Vader God, baie dankie dat U nooit u rug op my keer nie. Vergewe my asseblief dat ek toegelaat het dat dinge my tyd steel en ek nie by U kon uitkom nie. Praat asseblief vandag met my deur u Heilige Gees en help my om oop te wees en te luister. Ek nooi U nuut in my lewe. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page