Pampoenkoekies met karamelsous
- Koeke-Kyk-Resep - 25 Januarie 2017 #OpKantoor
- Feb 3, 2017
- 1 min read

500 ml gaar pampoen 50 ml gesmelte margarien 50 ml bruinsuiker 5 ml vanielje geursel 2 eiers liggies geklits 125 ml koekmeel 5 ml bakpoeier bietjie fyn kaneel en ekstra bruinsuiker vir bo-oor sprinkel
Verhit die oond tot 190'C en smeer muffin pannetjies. Meng al die bestanddele saam. Skep mengsel in pannetjies en sprinkel bietjie fyn kaneel en bruin suiker oor. Bak vir 30 minute of tot gaar.
Karamelsous: 250 ml melk of room 125 ml suiker 50 g botter 5 ml karamel of vanielje geursel
Los op en kook vir 5 minute. Verdik met bietjie maizina (in klein bietjie water opgelos)
Kook tot verlangde dikte. Skep lepels vol van die warm sous oor die pampoen koekies sodra dit uit die oond kom. Laat staan sodat sous in die pampoen koekies kan intrek.
Comments