top of page

NADER TOT GOD IN DONKER TYE

  • Lappieskombers
  • Feb 4, 2017
  • 2 min read


[Ter agtergrond: ’n Luisteraar wat self ’n weduwee en enkelma is, stuur gister ’n e-pos aan my waarin sy vertel dat haar lewe donker voel en asof die druk en verantwoordelikheid om beide die rolle van ma en pa in die huisgesin te vervul die oorhand wil kry. Sy skryf verder dat dit voel asof God van haar vergeet het en sy nie weet hoe lank sy nog sal kan uithou nie. Is dit hoe jy ook vandag voel? Vasgevang in ’n donker seisoen van jou lewe?]

Dit was stikdonker in die woud. Met elke geluid het ’n rilling langs die 13-jarige seun se ruggraat afgegly terwyl hy moes veg om nie na die naaste dorpie vir veiligheid te vlug nie. Vrees het hom verhoed. Ook die potensiële verleentheid as hy met sonsopkoms voor sy stam sou moes staan as ’n mislukking. In die stam waarin hy grootgeword het, was dit ’n gebruik dat ’n seun die nag van sy dertiende verjaarsdag alleen in die woud moes spandeer. As hy dit kon regkry was hy ’n man.

Met die eerste sonstrale wat die volgende oggend begin deurbreek het, het die seun ’n figuur ’n entjie weg van hom op ’n klip uitgemaak. Dit was sy pa wat, met sy geweer in die hand, regdeur die nag gewaak het om te verseker dat sy seun niks sou oorkom nie.


In donker, vreesagtige situasies in ons lewens in die vorm van ’n egskeiding, ’n geliefde wat selfmoord pleeg, depressie, ’n finansiële krisis, aflegging by die werk of ’n situasie waarin jy soos bogenoemde leser voel asof die verantwoordelikheid van die lewe die oorhand kry, kan ’n mens bang, mismoedig en onseker begin raak. Dit is dan dat ons ook na mense wil vlug wat ons moet beskerm. Die waarheid is egter dat God heelwat nader aan ons is as wat ons dink. Sy oë is konstant op ons elkeen. In Spreuke 15:3 lees ons: “Op elke plek is die oë van die HERE...” (1953-hersiening). Ook in Hebreërs 4:13 staan geskryf: “Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë.”


Ten spyte van die gebroke wêreld waarbinne ons leef waar die vyand verwoesting in ons lewens wil saai, kan ons weet dat God nooit enigiets oor ons pad sal toelaat wat ons nie kan hanteer nie. In 2 Korintiërs 12:9 sê Hy: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” En in Jeremia 31:25 beloof Hy: “Ek gee nuwe krag aan die moedelose wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.”


Kom ons plaas ons hoop opnuut in God met die wete dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek laat nie. Ons mag dalk, net soos die seun in die woud, wanneer die eerste sonstrale van ons deurbraak verskyn terugkyk en besef dat God konstant oor ons gewaak het. Sterkte.


Vader God, baie dankie dat U my nooit verlaat of in die steek laat nie. Help my asseblief om in elke donker seisoen in my lewe steeds tot U te nader met die wete dat U oor my waak en veel nader aan my is as wat ek dink. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page