top of page

NADER TOT GOD ... MET JOU VERGIFNIS

  • Lappieskombers
  • Feb 6, 2017
  • 3 min read

Op 5 November 2003 was die hooggeregshof in Seattle in Amerika volgepak. Familielede en vriende van die 48 vermoorde vroue het gekom om boodskappe aan die 54-jarige Gary Leon Ridgway (ook bekend as die Green River reeksmoordenaar) te gee voordat die regter hom lewenslank tronk toe sou stuur sonder die opsie van parool.


Dié reeks moorde het Ridgway die grootste reeksmoordenaar in die Amerikaanse geskiedenis gemaak. Om ’n verhoor en daarmee saam ’n moontlike doodstraf te vermy, het hy ’n ooreenkoms met die gereg onderteken om meer inligting oor die slagoffers aan die polisie te verskaf.


Die spreekbeurte in die hofsaal was gevul met trane, woede, spot en haat teenoor Ridgway, terwyl hy met ’n strak, emosielose gesig gesit en luister het. Dit is egter toe die bejaarde pa van een van die slagoffers, Richard Rule met sy lang wit baard na die podium stap dat die onverwagse gebeur. Hy het stadig in ’n diep stem begin praat: “Meneer Ridgway. Daar is mense in hierdie vertrek wat jou haat. . . Ek is nie een van hulle nie. Jy het dit baie moeilik gemaak vir my om te leef wat ek glo en wat God van my vereis – om jou te vergewe. Maar vandag sê ek vir jou, ‘Ek vergewe jou. . .’” Met die aanhoor van die woorde het die gesig van die moordenaar vertrek voordat trane oor sy wange begin stroom en hy snikkend begin huil het. In stede van bitterheid en haat het hy ’n oomblik van genade beleef. Onverdiend.

Besef jy dat ons ook oppad was na die dood voordat Jesus 2000 jaar gelede op Golgota aan ons 'n genadedaad bewys het deur in ons plek vir ons sondes te sterf?

Is daar iemand in jou lewe (lewend of wat reeds gesterf het) wat jou ook so oneindig seergemaak het dat dit moeilik is om te dink dat jy hom of haar sal kan vergewe? Voel dit vir jou asof jou vergifnis daardie persoon skotvry daarvan gaan laat afkom, terwyl jy steeds die pyn as gevolg van sy of haar dade moet dra? Dít is wat die vyand ons wil laat glo. Hy sal enigiets doen om te verhoed dat ons vergewe omdat hy weet dat ’n onvergewensgesindheid meestal in bitterheid en haat omsit wat ’n blokkasie in ons verhouding met God veroorsaak.


Vergifnis is vir God en ook vir ons geweldig belangrik. In Mattheus 6:14-15 sê Jesus: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” Wanneer ons vergewe en ons skuldenaar vryspreek, is dit ’n teken dat ons die situasie aan God oorlaat. Hy is immers ’n regverdige regter (Psalm 7:12) wat op sy tyd en manier die oordeel fel. Buiten dat vergifnis ons vrymaak, herstel dit ons verhouding met God en kan ons sy stem duideliker in ons lewens ervaar.


Jesus se opoffering aan die kruis het ons weer die kans gegee om ’n verhouding met ons Vader te bou. Wil jy nie ook vir God ’n kans gee om jou deur sy Heilige Gees in staat te stel om jou skuldenaar te vergewe nie? Dit mag dalk net sy teenwoordigheid in jou lewe terugnooi. Sterkte.


Vader God, baie dankie vir u vergifnis vir my sonde deur Jesus se kruisdood. Help my asseblief om ook dieselfde genade aan ander te bewys al is dit ook soms vir my moeilik. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page