top of page

NADER TOT GOD DEUR SY WOORD TE LEES

  • Lappieskombers
  • Feb 9, 2017
  • 2 min read

As jy môre-oggend opstaan en besef dat elke Bybel in die wêreld se bladsye spierwit is, hoeveel van God se beloftes het jy in jou hart weggebêre?

Die kerkgebou was volgepak toe prediker Charles Spurgeon na die preekstoel stap om die Sondagdiens te begin. Alles het volgens die gewone roetine verloop. Dit is egter toe hy by die gedeelte van die diens kom waar hy gewoonlik eers uit die Bybel voorlees voordat hy met sy preek begin, dat hy tot die verbasing van die gemeente, die Bybel onaangeraak op die preekstoel los met die woorde: “Ek het kritiek ontvang dat ek te veel uit die Bybel aanhaal en te min van die Wetenskap sê.” Hy het vir ’n oomblik geaarsel voordat hy verder praat. “Wel, hier is vanoggend ’n weduwee in die gemeente wat haar enigste seun verloor het. Sy wil weet of sy hom weer gaan sien. Kom ons gaan soek by die Wetenskap. Sál sy hom weer sien? Waar is hy? Is die dood die einde van alles of is daar iets na die dood?”

Stilte het oor die gemeente neergedaal terwyl Charles van die een kant van die kerkgebou oor die gemeente na die ander kant gekyk het. “Is daar enige antwoorde?” Die stilte het gerek, maar niemand het dit gewaag om op te staan en iets te sê nie. Na ’n paar minute het Charles die Bybel nadergetrek en gesê: “Nou toe, kom ons kyk wat God se Woord hieroor sê.”

Drie feite rondom die Woord van God:

God is die Woord: In Johannes 1:1-2 lees ons: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.” Die Woord is deur God geïnspireer: In 2 Timoteus 3:16-17 staan geskryf: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. . .” Die Woord is ’n kompas vir ons lewenspad: In Psalm 119:105 staan geskryf: “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” God se Woord is lewend en kragtig, deur God geïnspireer met die doel om ons op ons lewenspad te lei, om dwaling te bestry en ons te help om die regte lewenswyse te kweek. Die beloftes van God is ons ammunisie teen die vyand se aanslae. Die Woord is ook daar om ons te help om God beter te leer ken.

Wil jy tot God nader? Begin dan om sy Woord te lees. En as jy vashaak, vra gerus dat die Heilige Gees dit vir jou oopbreek. Jy mag verbaas staan wanneer jy God se liefde vir jou ontdek en ook besef dat sy begeerte om ’n verhouding met jou te bou selfs groter as joune is. Sterkte.

Vader God, baie dankie vir u Woord wat ’n kompas vir my lewe is. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om U beter te leer ken wanneer ek die Woord optel en lees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page