Master-Sjef Johan Brits se: Sout van die aarde kitsdis
- Johan Brits
- Feb 10, 2017
- 1 min read

Jy benodig:
1x blikkie Boeliebief 6x Russiese worsies in skyfies gesny 1x pakkie baconstukkies Halwe greenpepper 1x ui 8x klein aartappels in halwes gesny Bietjie olyfolie Swartpeper Bietjie sojasous Gerasperde cheddarkaas Broodkrummels
So maak mens:

Sny die boeliebief in blokkies.
Pak die russiese worsies, bacon stukkies, blokkies boeliebief, greenpepper, uie en aartappels in lae en geur met swartpeper. Drup olyfolie en sojasous oor die mengsel.

Rasper die kaas en meng met die broodkrummels.

Strooi die kaas en broodkrummels oor die mengsel.

Bak in die oond teen 180 grade tot die aartappels gaar en sag is. Ongeveer 45 minute.

Bedien en geniet!
Comentários