top of page

NADER TOT GOD DEUR SY WOORD TE LEES (DEEL 2)

  • Lappieskombers
  • Feb 10, 2017
  • 3 min read


[Ná gister se gedeelte oor die krag van die Woord van God, was daar heelwat luisteraars met dieselfde vraag: “Ek wil die Bybel beter leer ken, maar ek weet nie waar om te begin nie. Help asseblief.”]


’n Paar jaar gelede het ek dieselfde begeerte gehad. Ek wou God beter leer ken, maar ek het dit moeilik gevind om die Bybel te verstaan. Iemand het vir my in ’n informele gesprek twee stappe gegee wat vir haar gewerk het. Ek het dit geïmplementeer en vir die eerste keer het ek beleef hoe die Bybel van ’n gewone boek in die lewende, kragtige Woord van God verander het (Hebreërs 4:12). Ek deel graag hierdie twee stappe vandag met jou.


Stap 1: Nooi die Heilige Gees om jou te lei

Die skrywers van die Bybel is deur die Heilige Gees geïnspireer. Wie beter kan dus die Woord van God vandag vir ons oopbreek as juis die Heilige Gees? Wanneer jy gaan sit om die Woord van God te lees, raak eers stil en vra God om jou deur sy Heilige Gees te lei om te verstaan wat jy gaan lees. In Johannes 16:13 sê Jesus immers: “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”


Stap 2: Ontdek God se karakter

God het die Bybel aan ons gegee om ons in die waarheid te onderrig, om dwaling te bestry en die regte lewenswyse te kweek, maar ook om Hom beter te leer ken. Ons ontdek God se karakter wanneer ons die Woord begin lees. In Deuteronomium 4:29 staan geskryf: “. . . en julle sal Hom kry as julle Hom soek met julle hele hart.” In stede daarvan om net die gedeelte voor jou te lees, byvoorbeeld die storie van Dawid en Goliat of Jona in die vis, begin vra jouself af wat die spesifieke gedeelte wat jy lees jou van God se karakter wys en begin skryf sy karaktereienskappe neer. Oordink dit en besef dat God nie verander nie en dat sy karaktereienskappe steeds vandag vir ons lewens geldig is.


Van Genesis tot Openbaring in die Bybel staan Jesus Christus sentraal. God het ná die sondeval in Genesis reeds beplan om Jesus aarde toe te stuur. Regdeur die Ou Testament berei Hy egter eers die mensdom voor om die klimaks van die skepping, naamlik die geboorte van sy Seun, Jesus Christus aan die begin van die Nuwe Testament te waardeer. Lees jy die Woord só, sal jy God se oneindige liefde en genade vir ons elkeen nuut ontdek.


Wil jy God beter leer ken? Kry dan vir jou ’n Bybelleesrooster en vra die Heilige Gees om as jou Leidsman en Leermeester op te tree. Begin soek ook vir God in elke gedeelte wat jy lees en voor jy jou oë uitvee, gaan jy dalk beleef hoe die Woord van God jou só boei dat dit moeilik is om dit neer te sit omdat jy (dalk vir die eerste keer) hoor dat God daaruit met jou praat. Sterkte.


Vader God, baie dankie vir u Woord. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om te verstaan wat ek lees en help my om U karakter nuut te ontdek wanneer ek begin lees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page