Melktert-en-koeksister-skommel
- Herman Lensing en Barbara Joubert
- Feb 11, 2017
- 1 min read

Dis moeilik genoeg om ’n stuk melktert of ’n stroperige koeksister van die hand te wys. Saam in ’n melkskommel raak dit heeltemal onweerstaanbaar!
genoeg vir 6
• 12 koeksisters • 100 g donkersjokolade, gesmelt • 1 melktert (sowat 400 g) • 1 liter vanieljeroomys plus ekstra vir voorsit • 400 ml melk • 30 ml fyn kaneel
Doop 6 van die koeksisters se punte in sjokolade en laat stol op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Skep oorblywende sjokolade om die binnerand van 6 opdienglase van jou keuse. Hou eenkant. Sny 6 klein skyfies af van melktert en hou eenkant. Plaas res van tert saam met res van bestanddele, asook 6 oorblywende koeksisters, in voedselverwerker. Verpulp by hoë spoed tot glad. Verdeel tussen glase.
Plaas skyfie melktert en sjokoladekoeksister op skommel in elke glas. Sprinkel bietjie kaneel oor en sit voor.
Comments