top of page

NADER TOT GOD EN SPITS JOU ORE VIR SY STEM

  • Lappieskombers
  • Feb 11, 2017
  • 3 min read


[Een van die luisteraars skryf vroeër in die week ’n e-pos aan my met die woorde: “Ek begeer om God se stem te hoor, maar dit voel asof Hy nie met my praat nie. Hoe kan ek sy stem beter leer ken?]


Elia was bang. Vreesbevange. Onseker oor die toekoms. In 1 Konings 19 lees ons dat hy in ’n grot gaan wegkruip het vir die nag. Die Israeliete het hul rug op God gekeer. Altare van God is afgebreek en selfs profete van God is doodmaak. Elia was die enigste profeet wat nog geleef het en hy het vir sy lewe gevrees.


Meteens het God Elia beveel om uit die grot uit te kom, “Gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Elia het God se opdrag gehoorsaam. Wat wou Hy vir hom sê? Hoe sou God lyk?


’n Baie sterk wind het die berg stukkend geruk en die rotse gebreek, maar God was nie in die wind nie. Hierna het ’n aardbewing gevolg, maar God was ook nie in die aardbewing nie. Ná die aardbewing was daar ’n vuur. Ook was God nie in die vuur nie. Dit is eers toe Elia ’n fluistering in die windstilte hoor opklink dat hy meteens sy gesig met sy mantel bedek het. Hy het geweet dat dít God was wat met hom gepraat het.


In Elia se donkerste seisoen van sy lewe wou God hom herinner wie Hy is. Hy wat nooit verander nie. Ook vandag in ons lewens ervaar ons soms weens omstandighede donker oomblikke wat veroorsaak dat ons net soos Elia in ’n grot wil gaan wegkruip om te oorleef. Tog roep God ons ook om uit te kom sodat Hy ons in die donker tyd kan herinner wie Hy is.


In Jeremia 33:3 lees ons: “Roep My aan, Ek sal jou antwoord. . .” Dit is ’n belofte. As jy God aanroep, sal Hy jou antwoord. Jy moet net ingestel wees om te hoor as Hy met jou praat. Ook in Job 33:13-16 lees ons: “Hoekom beskuldig jy vir God? Hoekom sê jy dat Hy nie wil antwoord nie? Want God praat weer en weer, maar mense luister nie. God praat in die nag, wanneer mense vas slaap, Hy wys vir hulle dinge wanneer hulle droom. Hy sê duidelik vir hulle wat Hy wil hê. . .”


Omdat heelwat mense ’n hoorbare stem verwag (en ja, God kan só ook met ons praat, maar Hy doen dit nie noodwendig nie), mis ons as Hy wel met ons praat. Hy praat op verskillende maniere. Soms is dit deur sy Woord, soms deur mense, soms deur spontane gedagtes of gevoelens of indrukke in ons harte, soms in drome, soms in ’n kerkdiens, soms in die natuur, soms is dit in die vorm van ’n rustigheid of onrustigheid binne ons wat nie wil weggaan nie. Is jy ingestel daarop om God se stem te hoor?


Hoe kan jy weet dat dit wel God is wat met jou praat en dat jy nie jouself verbeel nie? Een van die beste maniere om te onderskei of wat ons hoor van God af kom of nie, is om wat ons hoor aan die Woord te meet. God sal ons nooit lei om enigiets te doen of nie te doen wat in lyn met sy Woord is nie. Ons lees immers in Numeri 23:19: “God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.”

Begeer jy om God se stem deur sy Heilige Gees vandag in jou lewe te hoor? Maak tyd om stil te word, wees oop vir die Heilige Gees om met jou te praat, fokus op God en skryf neer wat jy hoor. Klim ook uit die boks van beperkinge deur jou oë en ore regdeur die dag oop te hou vir geleenthede om Hom te beleef. Hierdie mag dalk die eerste stap van ’n nuwe avontuur saam met Hom wees! Sterkte.


Vader God, baie dankie dat U daagliks deur u Heilige Gees met ons praat. Help my om nie van u boodskappe te mis nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page