top of page

EK WEET VERSEKER

  • Lappieskombers
  • Feb 12, 2017
  • 2 min read

“Die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie”

Psalm 37:28.

Hierdie psalm spoor gelowiges aan om die kwaad te vermy en te doen wat goed is omdat die Here die reg liefhet: Hy beloon dié wat reg lewe en straf die goddeloses. Die digter voeg by dat die regverdige wysheid sal bekom as sy woorde ooreenstem met die reg van God en hy God se openbaring in sy hart bewaar.

Hierdie belofte gee aan ons geloofsekerheid: die Here verlaat nie sy troue dienaars nie! Dit verbly ons hart selfs te midde van beproewing en teleurstelling. Wat ook al in ons lewe gebeur, ons dra die bekragtigende belofte van ons Here in ons hart.

Die meeste van ons beleef tye wanneer dit lyk of alles vir ons te veel word. Miskien ondervind ons die een teleurstelling na die ander en ons staan in die versoeking om te wonder of God van ons vergeet het. Moontlik is daar siekte of probleme wat hanteer moet word en ons kan nie glo dat ons daardeur sal kom nie.

Somtyds vra ons die Here vir iets spesifieks en Hy weerhou dit van ons. Laat ons dan onthou dat as Hy ons versoek nie toegestaan het nie, Hy dit gedoen het vir ons eie beswil. Ons durf nie wanhopig of terneergedruk raak nie. Ons moet opkyk en met vertroue die woorde van ons dagteks onthou: "Sy troue dienaars verlaat Hy nie!" Wanneer ons eendag in sy heerlikheid aankom en vir ewig by die Here is, sal ons alles verstaan en Hom stamelend dank vir elke tree van die pad wat Hy by ons was.

Gebed: Dankie vir die seker wete, ewige God, dat U u troue dienaars nie in die steek sal laat nie; selfs nie in die donkerste uur nie. Amen

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page