top of page

GOD NADER OOK NA ONS

  • Lappieskombers
  • Feb 13, 2017
  • 3 min read


Teen die plafon van die Sistynse kapel in die Vatikaanstad is daar ’n prent van die skilder Michaelangelo getiteld, Die Skepping van Adam. In die prent steek ’n man, Adam, sy vinger uit om aan God se uitgesteekte vinger te raak. Die prent herinner my telkens dat God se begeerte om sy grootheid en krag aan ons te demonstreer selfs groter is as ons begeerte om na Hom uit te reik. Ek wil vandag ’n getuienis met jou deel van Lorrein Katzke wat bogenoemde nuut aan ons elkeen kan demonstreer.


Lorrein: “Ek was een aand op pad huis toe na my skof in die ateljee, toe ek na die aandboodskap oor die radio luister. Die prediker het oor die tema gesels: Niks is onmoontlik vir God nie. In ’n stadium het hy passievol en duidelik in geloof onder die leiding van die Heilige Gees met die luisteraars gepraat en gesê: ‘Mevrou, die skeibrief lê reeds op die kombuistafel. Jou man het dit vir jou gestuur om dit te teken, maar jy wil nie. Jy glo steeds dat God julle huwelik kan red. Ek sê vanaand vir jou: Niks is vir God onmoontlik nie.’


Die volgende sin van die prediker het my diep getref. In my motor het ek hoendervleis gekry. Ek kon die teenwoordigheid van die Heilige Gees tasbaar ervaar toe hy sê: ‘En jy mevrou, wat nou in jou motor ry met die doktersbrief in jou handsak. Jy en jou man moet dit onderteken as toestemming dat die masjiene waaraan jou kind gekoppel is, afgeskakel kan word omdat die dokters nie meer hoop op herstel het nie. Ek wil vanaand vir sê: Niks is vir God onmoontlik nie. Hy kan jou kind volmaak genees.’


’n Paar maande later het ek ’n afspraak met ’n ma en seun gehad wat hul getuienis vir my program, Draaipunt op Tygerberg 104FM, sou kom opneem. Ek het niks vooraf van hul geweet nie – net dat hul ’n getuienis gehad het. Groot was die verrassing toe ek hulle in die ontvangslokaal ontmoet en die ma begin vertel dat haar seun maande vantevore in ’n ernstige motorongeluk was. Sy kondisie het soveel versleg dat die dokters haar na die hospitaal ontbied het. Hulle het vir haar ’n toestemmingsbrief gegee wat sy moes teken sodat hulle die masjiene waaraan die seun gekoppel was en wat hom aan die lewe gehou het, kon afskakel. Daar was geen hoop vir sy herstel nie. Op pad huis toe om met haar man te gaan praat, het sy die radio aangeskakel en daardie spesifieke preek gehoor waarin die prediker gesê het dat niks vir God onmoontlik is nie.


By die huis aangekom het die vrou haar man van die brief en ook die preek vertel. Hulle het saam besluit dat hulle nie die brief sou onderteken nie, maar dat hulle op God sou vertrou. Daardie volgende dag het die seun se toestand begin verbeter en binne ’n paar weke was hy by die huis – volkome gesond. Alle eer kom God toe.”


Lorrein is reg. God ken elke uitdaging in ons lewens. Hy hoor wanneer ons na Hom roep – en Hy wil sy grootheid en krag aan ons demonstreer. In Jeremia 32:27 sê Hy immers: “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” Ook in Jesaja 41:13 lees ons: “Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.” En in Efesiërs 3:20-21 word ons herinner dat God veel meer kan doen as wat ons bid of dink: “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.”


Wat is jou uitdaging vandag? Neem dit na God. Nader tot Hom en neem sy reeds uitgestrekte hand na jou. Jou deurbraak is dalk veel nader as wat jy dink. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U van elke uitdaging in my lewe weet. Lei my asseblief vandag (noem die area). Ek smag daarna om U grootheid en krag ook in my lewe te ervaar. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page