top of page

BROSE HOUERS VAN KOSBARE SKATTE

  • Lappieskombers
  • Feb 14, 2017
  • 2 min read

. Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek;

die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.” 2 KOR. 4:7 .

Oosterse konings van die ou tyd het die gebruik gehad om hulle skatte in kleipotte te bewaar. Soos ‘n onaansienlike bliklamp ‘n helder lig kan verskaf en ‘n verwaarloosde boek edele gedagtes kan bevat, het die eenvoudige kleipot die draer van kosbare skatte geword. . So is dit ook in die koninkryk van God: eenvoudige vissers word dissipels, draers van God se skatte. Paulus vergelyk ons lewes met kleipotte waarin ons die skat van die heerlike boodskap van God se evangelie dra. Hoe groot die voorreg ook al mag wees, bly ons brose, sondige mense.Die lewe omring ons met struikelblokke en ons is kwesbaar en breekbaar, maar Christus omring ons met sy heerlikheid. . Die kleipot is ‘n beeld van menslike broosheid en verganklikheid, van uiterste feilbaarheid en besoedeling en onreinheid. Maar dit is ook beeld van die herskeppingsalmag van die Pottebakker wat ons lewes met sy kunstenaarshande hervorm tot sy eer. . Wanneer Hy ons roep tot dissipelskap, deins ons terug omdat ons diep bewus is van ons onvolmaaktheid en onbekwaamheid. Maar die Koning is vrymagtig en maak met sy kleipotte net wat Hy wil. God roep nie soseer die bekwames nie, maar God bekwaam die wat Hy roep. Ons mag nooit die gevoel van verwondering verloor oor juis ons - sondige mense – draers van sy skatte mag wees nie. Ons mag nooit die aandag van die skatte af op onsself fokus nie. Die glorie van jou lewe moet altyd God sin wees. Jy moet leef om sy getuie te wees en sy heerlikheid te laat gedy.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page