Leer God ken
- Blessings op my Tablet - Gerda Jansen
- Feb 13, 2017
- 2 min read

Teksvers:
Klaagliedere 3:22, 23
Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;
daar is geen einde aan Sy ontferming nie, is is elke more nuut.
Vandag vier ek die liefde van God. Want waar sou ons wees as dit nie was vir God se liefde, vir ons Sy kinders nie? Hy het die ‘ultimate’ bewys gegee van Sy liefde, deur Sy seun te laat doodgaan vir my en jou.
Deur die Woord van God leer ons ken wie God regtig is. Deur tyd saam met God te spandeer in gebed en aanbidding leer ons wie God is. Wanneer jy in ‘n verhouding is met iemand, praat jy elke dag met daai person, of dit nou op ‘n Whatsapp of Facebook is. Wanneer jy verlief is, dink jy heeltyd aan daardie persoon. Die selfde behoort dit ook te wees met God. Omdat jy Hom liefhet wil jy elke dag tyd saam met Hom spandeer en Hy saam met jou.
God is wie Hy sê Hy is. Hy het nie een of ander ‘agenda’ nie. Hy wil die beste vir ons elkeen hê. Hy is geen aannemer van persoon nie, wat beteken dit? Wel, daar is nie witbroodjies by Hom nie, Hy het almal ewe lief. Sy genade en beskerming is vir almal. Hy is regverdig, wat vir die een geld, geld vir almal.
Wanneer jy swak is, is Hy sterk en sal Hy jou dra. In daai diepste tonnel waarin jy nou voel, sal Hy jou uithaal. Wanneer jy alleen voel en niemand het om mee te praat nie, praat met Hom. Hy gaan nêrens heen nie, Hy is nooit te besig om na jou te luister nie. Hy is God, hy kan heers oor die hele aarde en steeds tyd hê vir jou. Sy genade is so groot, dat wanneer ons droogmaak, en ons jammer sê; vergewe Hy altyd weer. Hy is die perfekte Pa. Die Een op wie se skoot jy kan sit en jou hart uitstort, wat jou styf vas hou en sê: “Dis okay.”
Ken jy Hom regtig?
Is jou verhouding met Hom lewendig?
Comments