top of page

NADER TOT GOD IN JOU BEKOMMERNIS OOR JOU GELIEFDES

  • Lappieskombers
  • Feb 17, 2017
  • 3 min read

[Ná gister se stukkie het ek besef heelwat luisteraars sukkel met vrees en bekommernis oor hul geliefdes se welstand. Ek wil graag met jou ’n ervaring deel wat ek vroeër die jaar gehad het.]


Aan die begin van die jaar het ons besluit om ons bykans 2-jarige dogtertjie, Joalé weens logistieke redes na ’n nuwe skooltjie te stuur. Soos vir die meeste kinders wat by ’n nuwe skooltjie aansluit, is daar met die eerste dag trane. Dié tranedal met die afslaaislag het egter voortgeduur.


Ná bykans twee weke se huilery wanneer ek Joalé in die oggend aflaai, wat natuurlik veroorsaak dat ’n mens met ’n swaar hart gaan werk en heeldag vir jou kind bid, het ek ernstig begin wonder of ons nie dalk ’n fout gemaak het om haar na die nuwe skool te skuif nie. Een oggend, nadat sy weer met trane by die skool afgeklim het, het ek ernstig tot God gebid en Hom gevra vir wysheid rondom die saak. Dáár in die motor op pad werk toe, het ek meteens ervaar hoe Hy duidelik deur sy Heilige Gees in my hart praat: “Benescke, besef jy dat Joalé se beste belange vir my selfs nog belangriker is as wat dit vir jou is?”


In daardie oomblik wat ’n lig vir my aangegaan het, het dit gevoel asof ’n berg van my skouers afval. Ek het besef dat, net so belangrik as wat dit vir ons as ouers is dat ons kinders die beste opvoeding en geleenthede kry; dit vir God, hul Skepper, selfs nog belangriker is omdat Hy elkeen van ons kinders se toekoms ken en weet waar en hoe Hy hulle wil gebruik as sy instrumente. Ek het besluit om die situasie volkome aan God oor te gee terwyl ek Hom begin dank het dat Hy Joalé in sy hand vashou. Dít was die laaste oggend wat sy met die aflaaislag gehuil het.


Wat is jou bekommernis vandag wat soos ’n berg op jou skouers rus? Is jy bang dat jou kinders met verkeerde vriende by die skool deurmekaar sal word? Wonder jy of jou hoërskoolkind die regte vakkeuses gemaak het en/of jou studentekind die regte kursus studeer? Is jy bekommerd oor jou ouers of jou kinders wat vêr van jou af weg is se veiligheid? Of is jy dalk bekommerd dat die drome in jou hart nooit ’n werklikheid sal word nie?


Hoewel daar nêrens in die Bybel direk staan dat bekommernis sonde is nie, kom dit tog daarop neer dat ons God nie volkome in daardie bepaalde area van ons lewens vertrou nie. In stede van bekommerd wees, kom ons doen wat Paulus in 1 Petrus 5:7 skryf: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” In Psalm 56:4 skryf die Psalmdigter: “Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U.” En in Psalm 37:5 lees ons: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”


As iets vir jou belangrik is, is dit vir God belangrik. Net soos Hy jou kan help om jou drome op die regte tyd te verwesenlik, kan Hy jou kinders en ouers beskerm en ons elkeen lei om die regte besluite vir ons lewens te neem omdat Hy ons toekoms ken. Onthou God dra jou en jou geliefdes se beste belange op die hart. Kom ons nader tot Hom in geloof en begin Hom solank dank eerder as wat ons bekommernis ’n houvas op ons lewens gee. Sterkte.


Vader God, baie dankie dat ek my bekommernisse op U mag werp. Help my asseblief om te onthou dat U in beheer is van my en ook my geliefdes se lewens en dat U ons beste belange op die hart dra. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page