top of page

NADER TOT GOD TE MIDDE VAN 'N VERSOEKING

  • Lappieskombers
  • Feb 18, 2017
  • 3 min read


“Piep, piep...” Kan jy die muis in jou verbeeldingswêreld hoor? Jy sit regop, spits jou ore om weer te luister en meteens steier jy terug ... jou hart mis ’n slag en jou nekhare staan penorent, want die piep-geluid het in ’n oorverdowende gebrul verander. Die muis het ’n draak geword, wat reg is om jou te verslind.


Dít is die pad van sonde in ons lewens. Aanvanklik dink ons ons kan die kyk na pornografie beheer, of daardie dobbellus of die hoeveelheid glase drank wat ons per dag drink. Net so glo ons ons is in beheer van daardie “verbode vriendskap” met iemand buite ons huwelik of daardie vurige humeur of liefde vir skinder. “Piep, piep...” en voor ons ons oë uitvee sit ons in die kloue van die draak wat alle lewe uit ons wil pers.


Die vyand kom om te steel, slag en verwoes (Johannes 10:10). Hy ken ons swakpunte in ons lewens en sal aanhou om ons te versoek en te verlei as ons niks daaraan doen nie. In Hooglied 2:15 lees ons dat dit soms die “onskadelike” jakkalsies is wat die grootste skade in die wingerd kan berokken as dit nie betyds uitgeroei word nie. Waaroor praat die Heilige Gees vandag met jou in jou lewe?


Wat om te doen aan ’n versoeking?

1) Erken jou swakpunte: In Jakobus 4:7 lees ons: “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.” Wanneer ons eerlik met God oor die areas in ons lewens gesels waarmee ons sukkel, neem ons die eerste stap. Vra Hom om jou deur sy Heilige Gees in jou swakheid te help om die versoeking te weerstaan. In Hebreërs 2:18 lees ons immers: “... deurdat Hy (Jesus) self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word” (1953-hersiening).


2) Bid vir beskerming: In Mattheus 6:13 leer Jesus die dissipels bid en sê dat ons onder meer daagliks moet bid: “. . . laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose.” Daar is krag in ons gebede.


3) Vlug weg: Josef het doelgerig van Potifar se vrou weggevlug toe sy hom probeer verlei het (Genesis 39). Jy kan en behoort dieselfde te doen. Sit byvoorbeeld die selfoon neer en gaan stap ’n draai as jy weer ’n behoefte kry om ’n Whatsapp-boodskap met verkeerde intensies aan daardie persoon buite jou huwelik te stuur. Sê doelbewus iets goed van ’n persoon wanneer jy ’n begeerte het om ’n skinderstorie oor hom of haar te vertel. En gooi die drank uit die huis as jy weet dat jy voor die versoeking mag swig om dit te drink sodra die son sak.


Is daar genade as jy voor die versoeking geswig het? In 1 Johannes 1:9 lees ons: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” As jy waarlik berou het en jou rug op die sonde keer is daar genade uit God se hand.


Kom ons nader tot God te midde van versoekings en kom ons vra Hom om ons te versterk deur Jesus se voorbeeld te volg en met die Woord die vyand te weerstaan. Só sal ons beleef hoe ons nie net uit die draak se kloue loskom nie; maar ook hoe die vyand van ons af wegvlug. Sterkte.


Vader God, baie dankie dat daar by U genade is wanneer ek waarlik berou het. Versterk my asseblief vandag om enige versoeking oor my pad te weerstaan en daarvan weg te vlug. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page