top of page

NADER TOT GOD IN VREESAGTIGE SITUASIES

  • Laslappies
  • Feb 20, 2017
  • 3 min read

Het jy jouself al in ’n vreesagtige situasie bevind waarin slegs God jou kon help? Hier is ’n getuienis deur skrywer Carina Stander oor haar belewenis wat hul ’n paar jaar gelede gehad het:


Carina: “Kort na my en Gerrit se troue het ons een oggend rondom 03:00 in ons kothuis in Houtbaai wakker geskrik. Daar was ’n geraas by ons voordeur. Gerrit het opgestaan om te gaan kyk. Toe ek ’n gestoei by die voordeur hoor, het ek onmiddellik geweet dat dit inbrekers was. Ek het by ons oop kamervenster uitgespring en na die landheer se huis ’n entjie weg gehardloop om te gaan hulp soek.


Terwyl ek aan die landheer se voordeur hamer, het ek meteens bewus geword van aankomende gevaar. Min het ek geweet dat die inbrekers Gerrit met skerp voorwerpe gesteek het en hom in die kothuis gelos het voordat hulle my agtervolg het. Ek het omgeswaai. Een van die inbrekers was skaars ’n meter van my af weg. Hy wou my duidelik met sy lang ysterstaaf in die hand steek. Vir jare voor hierdie oomblik het ek gereeld geoefen om my outoriteit in die Naam van Jesus Christus toe te pas sou so iets gebeur.


In daardie oomblik het ek die krag en teenwoordigheid van God ervaar en met ’n uitgestrekte vinger myself hoor sê: ‘In the Name of Jesus Christ, you will not touch me!’ Met ’n uitdrukking van totale skok, het die man die wapen laat sak. Gou was nog twee inbrekers langs die eerste en weer het ek dieselfde na hulle geskree. Ook dié twee mans het, met uitdrukkings van skok in hulle spore gevries asof hulle iets gesien het wat ek nie gesien het nie. Die volgende oomblik het die mans omgedraai en weggehardloop.


Ons het Gerrit dadelik hospitaal toe geneem sodat sy wonde verbind kon word. Gelukkig was geen wond te ernstig nie. Groot was ons verbasing egter toe ’n vriend uit Pretoria, wat nie geweet het wat die vorige nag gebeur het nie, ons later die dag bel om te hoor of alles reg is met ons. Hy het vertel dat hy daardie nag ’n ontstellende droom van ons gehad het. In die droom het ek en Gerrit deur ’n oop stuk veld gestap toe drie bosvarke vanuit nêrens op ons afstorm. Hulle was op die punt om ons te oorval toe hy wakker skrik en vurig vir ons veiligheid begin bid. Dit was presies 03:00 die oggend - die uur van die aanval. Die polisie het later die aanvallers vasgetrek en uitgevind dat die aanval bendeverwant was en dat die mans gekom het om my te verkrag. God het my egter beskerm. Alle eer kom Hom toe!”


Carina is reg. Deur Jesus Christus se kruisdood het Hy aan ons die outoriteit gegee om te heers oor die bose. In Lukas 10:19 sê Hy immers: “. . . Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.” Wanneer ons dus “in die Naam van Jesus Christus” bid of die bose beveg, is dit asof Jesus dit self doen. Ook in Psalm 91:11 lees ons: “Hy (God) sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.” En in 2 Konings 6:15-17 lees ons van ’n groot weermag wat die profeet Elisa en sy slaaf wou oorrompel. Die slaaf was vreesbevange, maar Elisa het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” Hierna het Elisa gebid dat God sy slaaf se oë sou oopmaak om te sien dat die berge rondom hulle vol perde en strydwaens van vuur was. God se weermag het hulle beskerm – en Hy doen dieselfde vandag nog vir ons.


Ek sal nie verbaas wees as die drie aanvallers daardie nag in Houtbaai engele langs Carina kon gesien het nie – en ek wonder hoe dit hulle lewens verander het. Kom ons nader tot God in vreesagtige situasies met ’n besef van ons outoriteit in Jesus Christus. Onthou, God beskerm ons steeds met ’n weermag van vuur en sy engele is reg rondom ons. Sterkte.


Vader God, dankie dat U my Beskermer is. Dankie, Jesus vir die outoriteit en krag wat in U Naam bestaan. Help my asseblief om dit reg te gebruik. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page