top of page

Kwaad bly is nie ‘n opsie nie

  • Blessings op my Tablet - Gerda Jansen
  • Feb 20, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Ef 4: 26

As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.

Soms word ons kwaad en dis okay, maar ons mag nie kwaad bly nie, want dan word dit sonde. Die Bybel leer ons dat as ons kwaad bly ons die duiwel ‘n vatkans gee. Kom ons kyk na die voorbeeld van Kain en Abel. Kain was sy pa se eerste kind. Kain het nie sy beste vir God gegee nie. Hy het kwaad geword vir die Here, omdat Hy nie sy offer aanvaar het nie. Toe maak hy sy broer Abel dood uit woede en jaloesie. Jy het seker ook al so kwaad geword vir iemand dat jy rooi sien, en dink jy kan daai persoon vermoor. Wees selfs versigtig om dit net te sê, want deur net dit, kan die duiwel vatkans kry. Later is jy steeds so kwaad dat sulke slegte gedagtes in jou kop bly broei en dit kan tot niks goed lei nie.

Vra God om daardie gevoelens weg te vat en te vervang met beter opsies. Die eerste wat moet gebeur is vergifnis. As jy nie vergewe nie, kan jy ook nie verwag God moet jou vergewe nie. Dit beteken nie net sê ek is jammer nie, maar in jou hart vergewe, vrede maak en seën. Onthou anders word dit jy wat daardie las dra nie die ander persoon nie. Jy kan dalk voel dit is die ander persoon se skuld en hulle moet eerste kom jammer sê, maar as kind van God beteken dit dat ons vergewe al kom daar nooit ‘n ‘jammer’ nie.

Soms besef mense nie eens dat hul iets verkeerd gedoen het, of jou seergemaak nie,en dan loop jy met daardie seer onnodig. Party van ons is meer sensitief ingestel as ander.

Die Here wil jou vrymaak van woede, aggressie en jaloesie. Hierdie dinge kan jou ver van God af hou. Hy wil hê jy moet die sonde oorwin.

Komentar


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page