top of page

NADER TOT GOD IN DANKBAARHEID

  • Lappieskombers
  • Feb 23, 2017
  • 2 min read

Vir wie vertel jy eerste as jy goeie nuus ontvang het? ’n Vriend of vriendin? Jou ouers? Jou huweliksmaat? Of sê jy eerste vir God dankie? Of dalk moet ek eerder vra: Onthou jy om Hom te bedank vir jou deurbrake?


In tye van angs, hartseer of moeilikheid is dit maklik om tot God te bid – selfs ongelowiges roep in desperate oomblikke na God om hulp. Tog moet ons besef dat God ’n begeerte het om erken te word in die goeie tye in ons lewens, net soveel soos wat Hy ons gedurende uitdagende tye wil help. In Efesiërs 5:20 lees ons immers: “Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.”


Dankbaarheid begin by ’n ingesteldheid. Elke persoon op aarde het ten minste vandag een ding om voor dankbaar te wees. Die probleem is dat ons soms so vasgevang raak in uitdagings dat dit later al word waaroor ons dink en praat terwyl ons niks goeds meer raaksien nie.


Selfs te midde van die grootste krisis in ons lewens kan en behoort ons God te dank. Paulus skryf dat wanneer ons dit doen, ons ons geloof aan God demonstreer omdat ons glo dat Hy agter die skerms besig is om dinge in plek te stel om ’n deurbraak in ons lewens te bewerkstellig. In Filippense 4:6-7 staan geskryf: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”


Waarvoor is jy vandag dankbaar? Jou gesondheid? Jou gesin? Jou werksgeleentheid? Jou vermoë om te hoor en sien? Het jy God al daarvoor gedank?


Deur God daagliks vir ten minste net een ding te dank sal ons gou die ander genadegawes in ons lewens begin raaksien en dalk volgende keer as ons goeie nuus kry, onmiddellik onthou dat dit ’n geskenk uit God se hand is en Hom eerste daarvoor dank! Sterkte.


Vader God, baie dankie vir soveel genadegawes wat ek elke dag uit U hand ontvang. Help my asseblief om weg te kyk van die uitdagings in my lewe en U vir ’n slag in my lewe raak te sien. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page