Ouma Richards se Skotse Eiers
- Rhona Peens
- Mar 5, 2017
- 1 min read

1 gekookte eier per persoon - nie te hard gekook nie worsvleis om die eier te bedek (nie krummelrige wors nie. Dan moet daar 'n snytjie brood in 'n geklitste eier geweek word en ingemeng word) droë broodkrummels (ek hou van Kelloggs s'n) Sous van jou keuse - worsbroodjiesous werk goed of mostersous Kookolie indien verkies
Indien jy nie die Skotse Eiers in kookolie wil diepbraai nie verhit die oond tot 230 grade C. Dop eiers versigtig af sodat dit nie breek nie. Druk die worsvleis uit die derm en brei tot sag. Vou versigtig om die eier en rol in krummels Pak op 'n bakplaat en bak vir 20 - 30 minute tot gaar. Indien jy diepbraai verkies, verhit die olie en braai die Skotse Eiers daarin tot mooi bruin. Sny met 'n mes wat in kookwater gedruk is mooi in die lengte deur. Sit voor met jou gunsteling sous.
Comments