top of page

‘Kneemail’ – Gee my wysheid , Here

  • Gerda Jansen
  • Mar 13, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Jak 1:5

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid,

en Hy sal dit aan hom gee,

want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

Waaroor moet jy vandag ‘n besluit neem? Jy is dalk in ‘n moeilike situasie en weet nie wat om te doen nie. Kyk wat het Daniël gedoen, hy was ook in ‘n moeilike situasie, hy en sy vriende moes die koning se droom uitlê. Hul lewens was in gevaar want hul sou doodgemaak word as hul nie dit kon doen nie. Daniël het gebid en God het die geheim van die droom aan hom bekend gemaak. Daniël het dadelik na die koning toe gegaan en die droom uitgelê, maar ook God die eer gegee daarvoor.

Dit is wat lekker is om God te dien, Hy is die God van alles en Hy weet alles, daarom sal en wil Hy vir jou wysheid gee as jy dit nodig het. Wanneer jy antwoorde soek moet dit nie eens n opsie wees vir wie jy gaan raad vra nie. God moet jy eerste opsie wees. Dan moet jy ook Hom vir vertrou vir ‘n antwoord.

Besef hoe afhanklik jy van God is en gaan na Hom toe in nederigheid, Hy wil jou vandag help en elke ander keer. Dit maak nie saak hoe klein of hoe groot die vraag is nie, God luister en sal altyd daar wees vir jou. Soms kry ons nie dadelik die antwoord nie. Dit vat partykeer tyd, maar moenie moed opgee nie. Daar is kere wat jy dadelik sal weet wat om te doen, en dan is dit die Heilige Gees wat jou lei.

Ons moet fyn ingestel wees op Sy stem, sodat ons dadelik sal weet as Hy met ons praat. Wanneer ons op Hom fokus, word als makliker en duideliker. As op ons eie probeer met ons eie kennis en krag, gaan dit nie altyd so goed nie, en mag ons dan nie vir God kwaad wees as dinge nie uitwerk nie.

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page