top of page

Godsdiens en verhouding is nie dieselfde nie

  • Gerda Jansen
  • Mar 20, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Amos 4:5

“Kom bring maar verkeerde offers wat suurdeeg in het.

Spog maar oor die offers wat julle uit julle eie vir die Here bring.

Julle Israeliete is mos lief daarvoor om so met julle godsdiens te spog” sê die Here.

Wees versigtig vir vals godsdiens, baie mense loop in gevaar omdat hul sê hul is Christene. Jy sou dalk al gehoor het dat mense sê ons bly in ‘n Christelike land. Maar daar is ‘n misleiding aan die gang. Daar is ‘n groot verskil tussen godsdiens en verhouding. Om nou en dan kerk toe te gaan, partykeer te bid en bybel te lees, is nie al wat God van jou vra nie. God vra ‘n verhouding met jou.

Ons kan só besig raak met die dinge van die Here dat ons nie by die Here van die dinge uitkom nie. God moet ons alles wees. Elke asem wat ons gee, elke beweging wat jy maak en elke woord wat jy sê. ‘n Lewendige verhouding met Hom. Hy moet jou rede wees vir opstaan in die oggend. Die eerste ding wat jy doen as jy jou oë oopmaak is tyd saam met Hom.

Tyd is vandag vir almal ‘n ‘issue’. “Ek het nie tyd om te bid of bybel te lees nie.” Staan dan vroëer op. As jy te moeg is om te bid voor jy gaan slaap, gaan dan vroëer bed toe. Begin om vir jouself ‘n beplanning saam te stel vir die dag. Kyk wat is die dinge wat vir jou prioriteit is en los dit wat jy nie nodig het om te doen nie. Minder tyd op sosiale media en speletjies speel op jou foon, tablet en laptop.

As jy ‘n kind van God is, dan is dit wat vir Hom belangrik is, ook vir jou belangrik. Dis maklik om die regte geluide te maak waarvan almal hou, maar het jy ‘n lewende verhouding met God? God ken jou, Hy sien als wat jy sê en doen. Vat dit wat jy uit Sy woord leer en maak dit deel van jou lewe.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page