VLEISBROODJIE
- Frieda Greyling
- Mar 25, 2017
- 1 min read

halwe pak spek , fyn gesnipper en gebraai paar uie ringe, fyngekap, braai dit saam met spek Rasper 2 snye volgraanbrood en voeg by spek 1 wiel fetakaas of 125 g soetmelkkaas, gerasper, voeg dit by spek en brood. Verwerk spek mengsel in voedselverwerker 500g g maalvleis
Geur die maalvleis met sout, peper, naeltjies en neut na smaak Klits 2 eiers en meng by maalvleis Meng dan die spekmengsel in by maalvleis Skep in olie gesmeerde broodpan of pannetjies en bak tot gaar Groot broodpan: voer uit met bakpapier en bedek vleisbroodjie met foil
Commentaires