Worswieletjies
- Frieda Greyling
- Mar 25, 2017
- 1 min read

LEWER 24 KORS 400 g skilferkorsdeeg, ontdooi VULSEL 30 ml (2 e) tamatiepasta 125 ml (½ k) blatjang 1 stingelui, fyn gekap 2 pynappelringe, fyn gekap 3 Russiese worsies of chorizo’s, fyn gekap 125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper 2 ml gekapte pietersielie 1 eier
Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit bakplaat
Kors Rol die deeg effens dunner uit. Vulsel Meng die tamatiepasta en blatjang en smeer oor die deeg. Meng die ui, pynappel en worsies en sprinkel eweredig oor deeg. Rol die deeg op en plaas op die bakplaat. Laat 20 minute in die yskas rus. Sny in wiele van 5mmdik en pak in ’n enkellaag op die bakplate. Verf gekliteste eier oor, strooi bietjie kaas op elke wieletjie, sprinkle pietersielie oor Bak sowat 15 minute of tot die deeg gaar en bruin is in halogene oondjie, 180 grade Laat afkoel. Sit voor as ’n happie.
Comentarios