SKONS
- Frieda Greyling
- Mar 26, 2017
- 1 min read

4 k Bruismeel 125 g Stork 2 tSuiker 2 Eiers 150 ml Yoghurt, suurroom, karringmelk of Maas Knippie sout Krummel die meel, suiker, sout en margarine in Kenwood. Klits die eiers en suurroom mensel. Sny met ‘n mes in by die droë bestanddele, totdat dit begin styf word. Neem deeg en bol dit in jou hande tot ‘n stywe deeg. Druk die deeg vas op ‘n hout bord tot ongeveer 2 cm en druk met koekdrukker uit. Bak vir 10 min teen 220ºC oond.
Comments