top of page

Kom uit jou ‘comfort zone’

  • Gerda Jansen
  • Mar 27, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Gen 12: 1,4

Op ‘n dag het die Here vir Abram gesê: “Jy moet weggaan, weg van die plek waar jy gebore is, weg van jou pa se huis af.

Ek sal jou ‘n ander land gee waar jy kan gaan bly.”

Abram het toe alles gelos en weggegaan,

net soos die Here vir hom gesê het.

Nie almal hou van verandering nie. Miskien verkies jy die bekende. Jou kamer, jul huis en tuin, jou skool en jou vriende. Dis jou ‘comfort zone’. ‘n Plek waar jy voel jy net jouself kan wees. Jy voel veilig. Dis soos ‘n voëltjie in ‘n nessie. Dan kom daar ‘n dag wanneer alles verander. Jul moet trek, nuwe huis, nuwe dorp. Jy sien net glad nie daarvoor kans nie. Die minste is nuwe vriende maak.

Party mense is mal oor nuwe dinge, nuwe uitdagings. God mag jou dalk in ‘n situasie plaas wat uit jou ‘comfort zone’ is. Dalk nie so drasties soos na ‘n nuwe dorp toe trek nie. Sal jy God vertrou in hierdie situasie. Hy weet wat Hy doen. Hou op bang wees om te waag. Dit kan ‘n nuwe stokperdjie of sport wees. Jy het dalk baie talent en God wil jou in daardie span gebruik.

Miskien vra iemand jou om deel te word van die koor. Jy is bang om voor ander mense te sing. Vra God om jou help om besluite te neem. Jy het ‘n talent van God ontvang. Gebruik dit. Jy kan mense se harte aanraak en selfs hul lewens verander. Jy kan deel word van die rugbyspan, jy is bang jy kry seer. Jy neem die besluit, en jy stel voor die span bid voor elke ‘game’. Jul wen die kampioenskap en almal wil weet hoe jul dit reggekry het? ‘n Kans om te getuig van God. Moenie geleenthede laat verby glip nie.

Waag die kans en sien hoe God jou gebruik. Word ‘n instrument in Sy hand.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page