Hoekom twyfel jy?
- Apr 3, 2017
- 2 min read

Teksvers:
Joh 20:25
Die ander sê toe vir hom: “Ons het die Here lewendig gesien!” “Nee wat, ek glo dit nie” was Thomas se reaksie.
Thomas wou eers die merke sien en voel aan Jesus, voor hy wou glo. Die Engelse spreekwoord: ‘Seeing is believing.’ Dis waar die storie van ongelowige Thomas vandaan kom. Wanneer Jesus daarna aan die dissipels verskyn nooi Jesus vir Thomas om sy vingers in die merke te steek. Sy reaksie was: “My Here en my God.”
Geloof is om te glo in dit wat ons nie kan sien nie. In hierdie lewe kry ons swaar as ons net wil glo wat ons sien. Die wêreld kan jou baie maklik laat twyfel of God ooit bestaan. Net omdat jy Hom nie kan sien nie. God sê dat ons moet glo in Hom en Sy Woord. Van al die Antieke wêreld se geskrifte, is die Bybel 99.4% betroubaar en is daar genoeg bewyse dat dit werklik gebeur het. Dis ‘n baie goeie aanduiding dat dit waar is. Nie een ander boek of dokument het dieselfde rekord nie.
Die wetenskaplikes staan verstom wanneer nuwe uitgrawings gedoen word wat wys dat waarvan in die Bybel gepraat word, waar is. Dink so daaraan, Sy Woord sal ewig bly staan, na soveel eeue, bly die Bybel se kernboodskap dieselfde al was daar al so baie vertalings.
Mense twyfel in wonderwerke en God se krag vandag, en dan wanneer dit gebeur en hul dit kan sien, kan hul nie anders om God te eer nie. Ons probeer baie keer dinge met ons kop uitwerk, maar ons sal dit nooit kan begryp nie. Dis verhewe bo ons verstand. Dit wat vir mense onmoontlik is, is vir God moontlik.
Waarvoor wil jy die Here vertrou? Gaan jy toe oë glo. Dis dalk te veel gevra dink jy, is dit regtig? Gaan lees in God se Woord hoe mense se lewe aangeraak en verander is deur Jesus. Glo dit ook vir jou lewe. Jy sal verbaas wees. Partykeer gebeur verandering dadelik ander kere vat dit tyd. God se genade is moeilik om te verstaan, want niemand het jou ooit so liefgehad nie. As Hy genade gehad het vir ‘n volk wat gesondig het, vir Adam en Eva…hoekom nie vir jou nie?























































Comments