top of page

Wees nederig

  • Gerda Jansen
  • Apr 10, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Ef 3:8

Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my

hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare

rykdom van Christus te verkondig.

Ons kan by Paulus leer wat dit beteken om nederig te wees, hy ag homself gering al

was hy die grootste apostel wat ooit geleef het. Hy het geweet dat hy uit genade

gered en gekies was om die evangelie te verkondig. Hy het ook nederig opgetree en

geweet dat sy gawes en talente ‘n geskenk van God is.

Dis maklik om so bietjie van ‘n grootkop te kry as jy as kaptein van die eerste span

gekies word. Wanneer jy as leerlingraad gekies word. Ons kan gou vergeet dat ons

leierseienskappe en talent om die sport te kan speel van God af kom. Ewe skielik

kyk ons neer op ander kinders. Jy word meer belangrik, en moet voor staan, eerste

‘n beurt kry.

Wie is jy wanneer jy in die spieël kyk? Hoe sien God en ander mense jou? Is dit ‘n

siel wat van die hoogte af kyk of iemand wat homself nie in die oë kan kyk nie, want

hy sien homself as te min werd. Net so gevaarlik soos wat dit is om hoogmoedig te

wees, is dit om te voel jy is nie goed genoeg nie. Om nederig te wees, beteken nie

dat jy deur almal op getrap kan word nie. Jy moet weet wat jy werd is en in

dankbaarheid teenoor God leef.

Nederigheid is ‘n besef in jou hart, jy is nooit te min nie, nooit te veel nie, altyd

genoeg. Wanneer jy jouself deur God se oë sien, kan jy in nederigheid voor Hom en

ander leef. Ons roem nie op alles wat ons goed en reg kan doen nie. Ons vergelyk

onsself nie met ander nie. God is vir my so belangrik dat ek alles doen vir Hom en

aan Hom die eer gee vir alles wat ek kan doen en wie ek is. In liefde vir Jesus wil ek

nederig wees soos Hy. My perfekte voorbeeld.

ความคิดเห็น


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page