My vreugde is in God
- Gerda Jansen
- Apr 17, 2017
- 2 min read

Teksvers:
Spr 1:7
Lewensgeluk begin by liefde vir die Here.
Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie.
Iemand wat die Here nie liefhet nie en ook nie weet hoe om reg te leef nie, is dom. Hy verag ook al die spreuke.
Dis skrikwekkend om te sien wat mense vandag sal doen om gelukkig te wees.
Wanneer mense baie geld het, dink hul dit kan gekoop word. Jy het dalk al gevoel
jou ouers wil jou liefde vir hulle koop. Omdat als in hierdie wêreld nou ‘n prysetiket
aan het, dink ons maklik dat goed soos liefde en vreude ook gekoop kan word.
Jongmense net soos jy, dink dis lekker om te drink en dwelms te gebruik. Dit lyk
lekker van ‘n afstand. Maar wanneer jy vasgevang word in dit, is die uiteinde minder
‘happy’. Eenkeer is eenkeer te veel. Party kom nooit los van hierdie kettings nie.
Seks voor die huwelik lyk lekker, die televisie en internet blaas dit op om iets te
wees wat dit nie is nie. Dit wys mos jou ou/meisie is lief vir jou. Verkeerd. Liefde
word op baie ander maniere gewys. Dit is ook geen waarborg dat jul vir altyd saam
gaan wees nie. Al wanneer dit lekker is, is met jou huweliksmaat soos God dit
bedoel het.
Salomo was ‘n baie slim man, hy wil ons leer dat ons net by God ware vreugde kan
vind. As ons God dien en doen wat Hy wil vir ons lewe, gaan ‘goed’ in hierdie lewe
nie ons geluk bepaal nie. Jou nuwe ‘sneakers’ is net skoene, as dit gesteel word is
dit nie die einde van jou lewe nie.
Dit waaraan jy waarde heg, sal jou gelukkig maak. Daar is niks so lekker as om God
te aanbid en aan Hom hulde te bring nie. Dit bring ‘n geluk en vrede wat mens vir
niemand kan beskryf nie. Dit is genoeg om jou hart op te vul.
Wanneer ek op God fokus, verander my hele lewensuitkyk. Dit wat eers vir my
belangrik was, het nie meer veel waarde nie. Dit maak nie meer saak dat ek nie die
beste van als het nie. My ou foon kan nog werk, ek het nie ‘n nuwe ene nodig nie.
Comments