top of page

Ek gee nie moed op nie

  • Gerda Jansen
  • Apr 24, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

2 Kor 4:16

Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie.

Al is ons uiterlik besig om te vergaan,

innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.

Paulus het geweet wat dit is om deur moeilike tye te gaan. Maar steeds het hy en sy volgelinge nie opgehou om die evangelie te verkondig nie. Hul moes baie aanvalle deurgaan. Hul lewens was soveel keer in gevaar. Maar hul geloof in God het hul laat vasbyt.

Wanneer ek en jy deur ‘n moeilike tyd gaan, (en ons almal doen een of ander tyd) mag ons nie moed op gee nie. Dit is maklik om te sê ek kan nie meer nie. In ons eie krag kan ons nie, maar met God kan alles. Hy kan die ‘fight’ vir jou veg. Hy sal jou dra. Dit is ‘n keuse, soos baie ander goed. Ek kies om nie toe te laat dat my probleme en situasies my laat verdrink in depressie nie. Ek kyk nie vas in als om my nie, maar ek kyk op na die Een wat Sy hand uitsteek om my op te tel.

Die Here laat reg en geregtiheid geskied aan almal wat verdruk word. Ons leer dit uit Sy Woord. Hy laat dinge uitwerk. Hy ken die groter prentjie, ons kyk net vas in die nou. Hy wil jou help as jy Hom toelaat. Al gebeur wat, niks is te groot vir Hom om te ‘handle’ nie. Wanneer die vuur te warm raak, hardloop in die regte rigting. Daar is nie tyd om op die hoop te sit en jouself jammer te kry nie. God wil jou gebruik. Wanneer ons begin om ander te help, word ons eie probleem ewe skielik kleiner. Ons besef dis nie net ons wat deur moeilike tye gaan nie.

Laat toe dat God jou vernuwe, jou denke en jou hart. Dan verander jou uitkyk oor jou situasie. Hy kan alle negatiewe gedagtes wegvat. Hy kan jou seer in vreugde verander. Sing lofliedere tot Sy eer, al voel jy nie jy wil nie. Aanbid Hom selfs wanneer jy nie lus het nie, en wanneer jy kwaad is.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page