Sy beloftes waar vir jou
- Gerda Jansen
- May 1, 2017
- 2 min read

Teksvers:
Gen 21:1-2
Die Here het onthou wat Hy aan Sara beloof het.
Hy het gedoen wat Hy belowe het.
Sarea het ‘n seun in die wêreld gebring, presies soos die Here gesê het.
Abraham was al oud toe sy seun gebore is.
Sara was oud, maar God het vir haar ‘n belofte gegee. Hy het daarby gehou. Wat na onmoontlik lyk, het God moontlik gemaak. Sy was seker al 90 jaar oud. ‘n Stokoue ouma. Maar dit was haar hartsbegeerte. God het haar hart geken en vir haar gegee wat sy wou hê. God kan vir jou ook gee wat jy wil hê.
Die Bybel is vol van God se beloftes. Skryf dit neer, miskien wat jy voel vir jou sin maak of jy wil deelmaak van jou lewe. Plak dit op die kas se deur, of spieël. Sê dit elke dag hardop vir jouself. Jy kan selfs jou naam daar insit. Net so waar soos wat dit vir die volk of daardie spesifieke persoon in die Bybel was, is dit waar vir jou. God is ‘n waarmaker. In Hom is daar nie leuens nie. Sy Woord is die waarheid en Hy hou by Sy woord. Baie mense het jou al teleurgestel, wel op God kan jy vertrou. Toe daar droogte was, en die mense begin bid het, het dit begin reën. Saam met beloftes gaan geloof. Hou vas aan die beloftes, glo dit met jou alles.
God se plan vir jou lewe is voorspoed, ‘n lewe in oorvloed. Hierdie is beloftes. Dis nie leë woorde nie. Hy wil hê jy moet gesond wees, gelukkig wees. Hou op dink slegte goed kom als van God af. Doen jou beste en God sal die res doen. Hy sal jou nie ‘drop’ nie. Jy dink dis ‘impossible’…’watch and learn’. Vir Hom is niks onmoontlik nie. Hou vas aan die beloftes wat God gee oor wie jy is. Wanneer iemand jou wil kom leuens wysmaak, trek jy daai belofte nader. Sy belofte is ‘n swaard in jou hand wat jy kan gebruik om jouself te beskerm teen enige aanvalle.
Comments