Vertrou al sien jy nie
- Gerda Jansen
- May 15, 2017
- 2 min read

Teksvers:
2 Kor 5:7
Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.
Ons hou moed al lyk dinge nie goed vorentoe nie. Ons vertrou op God, al kan ons nie nou die uitkoms sien nie. Meestal verstaan ons nie hoe God werk nie, en hoekom dinge uitwerk soos wat dit doen nie, maar ons byt vas. Ons het hoop.
Geloof, hoop en liefde staan saam. Ons bly hoop, al kan ons nie sien nie. Dit is wat geloof is. En ons geloof is saamgestel uit liefde. Net een Woord Jesus. Hy is die een op wie ons hoop, in wie ons glo en vir wie ons liefhet.
Wanneer ons dan nie verstaan nie en ons nie sien nie, gaan dit oor vertroue. Dit is soos wanneer jy geblinddoek is en deur ‘n hindernis baan moet gaan, met jou vriend wat jou hand vashou. Jy glo hy gaan vir jou sê waar jy moet buk, of lê of kruip. Jy vertrou hom. En dis waaroor dit gaan om ‘n kind van God te wees.
Toe die Titanic gebou is, het hul geglo dis die beste skip ooit, ongelukkig was daar groot botsing en ‘n ramp het gevolg. Nou kan mens baie dinge die skuld gee. Ek dink sommer aan die ark en Noag. Hy was gebou presies soos God gesê het en hy het Noag, sy gesin en die diere veilig binne gehou al was daar ‘n vloed. Dan kan ek vra – op wie vertrou jy? Op mense, dinge rondom jou wat jy sien of op God? Wat God doen en hoe Hy dit doen sal in hierdie lewe altyd vir ons ‘n raaisel bly.
Soveel Wetenskaplikes het die aarde en die hemelruim probeer verstaan. Hoe dit als werk, en netso dra hul dink hul het nou al die antwoorde, vind hul iets nuuts. Dis belangrik om in die nie verstaan tye van jou lewe vas te hou aan die waarheid oor wie jy is en wie God is. Hy verander nooit. Hy het jou lief. Hy is getrou.
Comments