top of page

Eerste instink sê: “Bly weg!”

  • Gerda Jansen
  • May 29, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Rig 14:3

Maar sy ouers vra hom: “Is daar nie onder jou familie of onder al jou volksgenote ‘n vrou nie dat jy na die heidene, die Filistyne, toe moet gaan om te trou?” Simson het vir sy pa gesê: “Kry haar vir my, want ek hou van haar.”

Simson wou ‘n Filistynse meisie hê, hul was beskou as ‘n nasie wat nie God dien nie. Sy ouers het hom gewaarsku, maar hy het nie geluister nie. God het ‘n wel ‘n plan hiermee gehad. Maar die kern is dat ons nie in ‘n verhouding moet ingaan met iemand wat nie God dien nie.

Daar is een meisie/ou by die skool van wie almal hou, sy/hy word heeltyd oor gepraat. Dis nie altyd goeie dinge nie, maar vir jou vriende groep is dit ‘okay’ want hy is ‘handsome’, sy is ‘sexy’. Jy voel aangetrokke tot hierdie persoon. Jy probeer meer uitvind van hom/haar. Sy kan seker nie so sleg wees as almal van haar hou nie. Sy het die mooiste glimlag en haar lyf gee jou drome wat jy nie hardop oor sal praat nie.

Die ‘hunk’ wat al die ‘games’ vir die Eerste span wen, is soos ‘n ‘hero’. Nie net is hy vinnig nie, maar hy kyk vir jou op ‘n manier wat jou lyf wil laat wegsmelt. Iewers is daar ‘n stemmetjie wat sê: “Bly weg.” Maar nou wil jy juis nader aan hierdie persoon beweeg. Jy hou van die gevaarlike kant van die lewe. Al wat ek kan sê is daardie stemmetjie wat jy hoor kan die Heilige Gees wees, en jy mag dit nie ignoreer nie.

Daar is rede waarom jy moet wegbly, gewoonlik wanneer jy te diep ingetrek word in ‘n verkeerde verhouding, kan jy baie seer kry. God is lief vir jou, gee om vir jou en wil jou beskerm teen seerkry. Jou pa waarsku jou teen sulke ouens of meisies want hy is ook lief vir jou en wil jou ook beskerm. Hy praat dikwels uit ervaring. Hy ken die einde.

Jy voel dalk dis onregverdig en dit maak nie sin nie, hulle wil dalk net nie hê jy moet gelukkig wees nie. Eintlik wil hul net nie hê jy moet jou vingers verbrand nie. Mens kan so verlief raak dat jy blind is om die gevaartekens te sien, en jy kan in ‘n situasie beland waaroor jy later baie spyt kan wees.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page