top of page

GEBED VIR HULLE WAT KOUD EN STUKKEND IS

  • Lappieskombers
  • Jun 1, 2017
  • 3 min read


Here, Dit is bitterlik koud daarbuite, en ons kla. Maar daar is talle wat vandag koud gaan slaap. Hulle het nie 'n huis om in te bly nie. Hulle het nie warm snoesige nagklere soos ons nie, nie warm pantoffels nie, geen toestel vir verhitting nie, geen warm bed nie. Hulle probeer die ergste koue verdryf met die warm voggies wat hulle met bedelary bekom het. En ons jaag hulle dikwels weg met harde woorde.

Hulle is stukkend en seer. Vernielde mense. Mense het hulle so seer gemaak, dat hulle die huis verlaat het, en soek geselskap by ander boemelaars wat darem nog 'n goeie woord vir hulle het. Hulle is verwerp, eenkant gegooi soos vullis. Hulle beland so dikwels in die tronk, omdat niemand hulle weer 'n kans wil gee nie. Hulle word dikwels verder verneder, want hulle is vuil en dra vodde, terwyl ons kas dalk vol goeie ou klere is wat ons nie meer dra nie. Ons vra waarom soek hulle nie werk nie, maar niemand wil eintlik vir hulle werk gee nie, omdat hulle bang is hulle word besteel. Te bang om betrokke te raak, want wat gaan ander mense dink. En hulle besweer die verwerping, die seer, die vernedering, die alleenheid met nog van die warm voggies om te probeer vergeet. Skoon verslaaf aan die warm voggies, net om weer more te onthou van al die seer en pyn wat ander hulle aandoen en aangedoen het. Hulle is honger en dors, krap soms in asblikke rond om te kyk vir goeie kos wat weggegooi is deur iemand wat te veel het. Hulle bedel en gaan koop so bietjie kos, maar wil hulle dors les met dit wat nou 'n gewoonte, 'n verslawing geword het. en ons snou hulle met harde woorde toe, omdat hulle te lui is om te werk. Ons vergeet dat almal nie dieselfde is nie, dat almal nie 'n sterk karakter het nie.

Hulle is mense wat na liefde smag, en dit verberg agter die (ek gee nie meer om nie) maskers. Hulle smag na iemand wat in deernis kan uitreik, en nie walg aan hulle nie. Hulle hele wese smag dalk na U, maar hulle dink U gee nie meer vir hulle om nie, want hoekom verduur hulle soveel seer, verwerping en pyn, en daar is niemand wat volhou om met sagte maar streng woorde vir hulle terug te lei na U nie.

Here, maak ons almal instrumente om met liefde en uitreiking en omgee, hulle van U liefde vir alle sondaarmense te vertel. Om hulle met die Woord te voed, sodat hulle dalk weer volwaardig mens kan voel en wees. Laat ons deur hulle wel te voed en te klee weer wys dat almal nie net seermaak nie. Dat almal nie verwerp en verniel nie. Laat ons U hande en voete wees om hulle heel te help maak, Om hulle met liefde en omgee terug te lei na U toe. Laat ons vir hulle die sout wees wat alles weer vol smaak maak. Laat ons die lig wees op hulle donker pad wat hulle sal lei na die één helder LIG.

En as ons probeer het, en dit help nie Here, laat ons nog verdraagsaam en vriendelik sal wees. Nog sal voed en klee, want wie weet, met U hulp gaan hulle harte ook weer oop vir U Woord. En hulle sal dalk dan hulle harte vir U gee om te salf en te genees. Here, ons weet nie of ons dalk eendag daardie donker pad sal betree waarop hulle nou stap nie, dan het ons ook ander se hulp nodig. Dankie vir U Lig wat ons omstraal en op die regte pad lei.

AMEN!!!

コメント


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page