top of page

Hoe wil ek behandel word, so behandel ek ander

  • Jun 5, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Luk 6: 31

Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

Hoe voel jy wanneer iemand jou slegsê? Wanneer iemand jou goed vat? Kwaad, selfs woedend. Jy voel jy wil net daar hul iets aandoen. Hul drie keer meer seer maak as wat hulle jou gemaak het. Gaan terugvat wat joune is, en vir almal vertel hoe sleg hierdie persoon is.

Dit is hoe ons natuurlik sou optree. Maar Jesus sê ons moet anders as die verwagte manier optree. Ons is Sy kinders en daarom leef ons nie meer, soos ons voorheen het nie. Ons reaksie wys hoe ons hart lyk, en wie in beheer is van ons lewe.

Jesus kom leer ons in hierdie deel van Sy Woord dat ons ander mense moet behandel soos ons behandel wil word. Ons is juis vriendelik en liefdevol, ons lewens getuig van Jesus in ons lewe. Al haat mense jou, en is lelik met jou, kies jy om te seën, om te vergewe.

Wanneer iemand iets van ons vra, gee ons nog meer as wat hul vra. Want God is ons Pa, en wanneer jy Hom vra vir iets, wil Hy dit vir jou gee. As Hy dan vir jou sal gee wat jy nodig het en nog meer uit Sy rykdom, hoeveel te meer moet jy nie gee vir ander nie.

Leen jy iets net aan jou pel, want jy weet hy sal dit vir jou teruggee? Help jy net die mense van wie jy hou of wil help? Wys jy net liefde en vriendelikheid aan ander ‘nice’ mense? Ander mense wat nie Sy kinders is nie, maak ook so. Ons is juis ‘nice’ met dié mense wat die res van die groep wegskuif. Ons gee sonder om terug te verwag.

Jesus sê dat daar vir ons ‘n groot belonging wag as ons goed is vir ondankbaares en slegtes. Ons moet Sy voorbeeld volg. Ek wil deel van daardie beloning hê, wat van jou? Dit is ons begeerte om Hom gelukkig te maak omdat ons Hom liefhet.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page