top of page

Kies die regte een

  • Gerda Jansen
  • Jun 19, 2017
  • 2 min read

Teksvers:

Gen 24:43-44

Here, ek gaan hier by die fontein bly staan en as hier ‘n jong meisie aankom, gaan ek haar vra om vir my water uit haar kruik te gooi. As sy instem en ook water vir my kamele aanbied, sal sy die vrou wees wat U vir my eienaar se seun gekies het.

Abraham se hart was dat sy seun Isak nie met ‘n Kanaänanietiese sou trou nie. Hy het sy slaaf gestuur om vir hom ‘n vrou te gaan kry vir sy seun. Hierdie slaaf wie se naam ons nie eens ken nie, het in God geglo, hy het geweet van God se beloftes aan Abraham en sy nageslag. Hy het geweet God sal die regte vrou stuur vir Isak, en Hy het.

Het jy die vrymoedigheid in jou hart om God te vra en te vertrou vir jou lewensmaat? Dalk voel jy, jy is nou nog te jonk. En dit is dalk so, maar voor jy eens iemand ‘date’ moet jy versigtig wees. As jongmens kan jy só seerkry van ‘n verkeerde verhouding, dat dit tot eendag jou huwelik kan beinvloed. Daarom bid nou al vir daai regte ou en meisie wat God vir jou bestem het. En dan moet jul in ‘n verantwoordelike verhouding staan, wat God mee tevrede sal wees.

God is so lief vir jou, dat Hy nie wil hê jy moet seerkry en verkeerd kies nie. Hy stel belang in elke deel van jou lewe. Om in ‘n verhouding te staan met iemand is nie net ‘n ‘game’ nie. Jou hart en ‘n ander se hart is daarby betrokke. Vra jouself af hoekom jy in ‘n verhouding met iemand wil wees? En hoekom juis hierdie ou of meisie? Dink jy dat jou pa sal van die persoon hou? Lyk en tree hul op soos iemand wat God volg?

Soms maak ons die fout om te dink dat jy hierdie persoon sal verander, as jul uitgaan dat jy hul na God toe sal lei. Dis gevaarlik. As jy nie sterk genoeg is nie, gebeur die teenoorgestelde en trek hul jou af. Daarom word daar gesê: Liefde is blind. Want ons is raak so verlief dat ons nie die ander persoon se foute kan of wil raak sien nie. Laat God vir jou kies.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page