Deel my gunsteling tjoklit
- Gerda Jansen
- Jul 3, 2017
- 2 min read

Heb 13:16 –
Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is.
Ons is soms geneig om net te deel, was ons bereid is om te deel … net die oorskiet, dit wat ons nie nodig het nie. God wil hê ons moet dit wat vir ons belangrik is, deel met ander. Daai een ding wat ons die meeste van hou.
Jare terug was daar ‘n advertensie van ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie wat op ‘n bankie sit pouse op die skoolgrond en die seuntjie was besig om sjokolade lekkers te eet; hy gee toe die laaste sjokolade lekker vir die dogtertjie met die woorde: “It’s my last one, but you can have it.” Die advertensie het jare nog my bygebly en my laat besef dat dit ook ons houding moet wees as kinders van God. Ons moet bereid wees om die beste van wat ons het, met ander te deel. Dit beteken ook dat ons gee, sonder om iets terug te verwag. Wat is dit wat jy het, wat vir jou belangrik of spesiaal is wat jy kan deel met ander?
Selfs jou tyd, gawes en talente is iets wat kosbaar is en jy kan deel met ander. Wanneer ons nie deel nie, nie bereid is om goeie goed te doen nie, kan ons uitmis op ‘blessings’ van God af. Dit gaan soms nie eens oor ons of die ander persoon vir wie jy gee nie, maar net oor God self en wat Hy wil doen en dat Sy grootheid en almag gewys sal word.
Kom ons wees gehoorsaam en deel wat ons het met ander.
Comments