top of page

Honderd present of niks

  • Gerda Jansen
  • Jul 10, 2017
  • 2 min read

Teksvers: Hand 9:20,21

– Saulus het by die Joodse aanbiddingsplek daar in Damaskus ingestap en vir die mense vertel dat Jesus die Seun van God is. Almal wat hom hoor praat het, was baie verbaas: “Wat gaan nou aan?” Is hy nie die man wat in Jerusalem verwoesting gesaai het onder almal wat in daardie Jesus glo nie? Hy het dan juis hierheen gekom om hulle te vang sodat hulle voor die hoëpriester aangekla kan word.” het hulle vir mekaar gesê.

Saulus se lewe het radikaal verander toe hy Jesus in sy lewe aanvaar het. Dit is seker een van die kragtigste verhale in die Bybel hoe iemand radikaal vir Jesus verander het. Hy kon nie stilbly oor God en wat Hy in sy lewe gedoen het nie. Wanneer ek en jy ons harte vir Jesus gee, moet dit so uit ons loop soos Lewende Water, en gee ons, ons alles vir God. Hy is ons rede waarom ons opstaan elke oggend. Ons word aan die brand vir die Here. Ons lewe kan nooit weer dieselfde wees nadat ons ‘n ontmoeting met Jesus gehad het nie.

As ons besef wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het, ‘geniune’ besef dan kan niks van wie jy is en hoe jy dink en praat ooit weer dieselfde wees nie. Uit dankbaarheid gee jy jou alles vir Hom. Is dit hoe jou lewe verander het? Laat jy toe dat Sy Gees jou denke en jou hart en jou optrede kom verander?

Jesus vra ‘total commitment’. Is jy bereid om dit te gee vir Hom? Hy het dit vir jou gedoen omdat Hy jou liefhet. Niks en niemand kan dit van jou wegvat nie. Moenie dat enige iets in die pad staan tussen jou en Hom nie. Kies om alles te gee vandag en elke dag wat kom.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page