Net een God
- Gerda Jansen
- Jul 17, 2017
- 2 min read

Daar is baie mense wat dooie gode aanbid. Daardie gode beteken niks nie. Met sulke mense wil ek niks te doen hê nie. Maar aan die Here sal ek elke dag getrou bly.
Wat is vir jou op hierdie oomblik belangriker as God? Is dit jou sport? Jou ‘looks’? of die geld in jou beursie? Party dinge lyk heel onskuldig, maar as dit besig is om te veel van jou tyd te vat en jou weghou van God, moet jy dalk 2 keer hieroor dink. God is ‘n lewendige God, Hy vra ‘n verhouding met ons. Hy wil nie jou deel met die rugby of die ‘tablet’ in jou hand nie. Hy wil nie in kompetisie wees met als waarmee jy jouself besig hou nie. Hy wil jou eerste liefde wees en bly. Niks mag belangriker wees as Hy nie.
Moenie toelaat dat goed jou lewe oorneem en jou later beheer nie. Sosiale media is een daarvan. Hoeveel tyd spandeer jy om te chat met al jou pelle by die skool? God wag tot jy tyd maak vir Hom. Hy het vir jou die vryheid van keuse gegee. Dis dieselfde as ek vra waar jy tyd spandeer as jy gelukkig is of omgekrap is? Is Sy voete die plek waar jy gaan kniel en jou hart uithuil? Dit beteken nie, jy is nou nie ”cool” nie. Jy is ‘n ‘loser’ omdat jy jou hart gaan uitstort nie. Inteendeel is dit presies die teenoorgestelde. Want by Hom sal jy besef wie en wat jy werklik is. Kies vandag om net een God te dien.
Ek wil jou ‘challenge’ om soos Dawid weer ‘excited’ te raak ook Jesus. Ek sê nie jy mag nie meer sport doen nie, jy mag nie meer teken of dans nie, maar vir wie doen jy dit? En hou dit jou weg van stil word by Hom?
Commentaires