top of page

Gee Hom die kroon

  • Gerda Jansen
  • Jul 24, 2017
  • 2 min read

Teksvers: Hand 4:10

– Hierdie man is in die naam van Jesus Christus, die Man van Nasaret, genees. Julle weet van wie ek praat, want julle het Jesus ‘n rukkie terug aan ‘n kruis laat vasspyker. Maar God het Hom weer lewendig gemaak.

Petrus en Johannes het dit nie altyd maklik gehad wanneer hul getuig het van Jesus nie. Petrus maak ‘n verlamde man gesond. Dis nogals iets groots en ‘n rede om trots te wees en erkenning te wil kry vir wat hy gedoen het. Hy was toegesluit vir sy geloof, hy het duisende mense hul harte vir die Here laat gee. Maar vir wie gee hy eer? Vir Jesus. Die Here gebruik om só kragtig en ek dink dit was juis ook omdat hy nederig gebly het. Nie een oomblik vat hy vir homself die ‘credit’ nie. Alles in sy lewe wys soos ‘n helder, flitsende pyltjie terug na Jesus toe.

Die Here het vir ons almal talente gegee. Ja, selfs vir jou. Maar wanneer jy aangewys word as die beste atleet of die slimste ou in die graad, is jy besig om te vertel hoe oulik jy is of gee jy vir God die eer? Hy was die een wat jou gemaak het, alles wat jy goed kan doen, kom van Hom af en nie uit jouself nie. Doen jou heel beste, en dan maak jy ‘n geleentheid om te vertel wat Jesus in jou lewe doen. Elke trofee op jou kas, elke sertifikaat behoort eintlik aan Hom.

Besef vandag dat dit wat jy is, is as gevolg van Hom. Hy het dit in jou ingebou sodat jy Hom sal vereer daarmee. Hy behoort die ‘kroon’ te kry. Dis so maklik om vasgevang te raak in al die aandag, om in die ‘spotlight’ te wees. Wanneer almal praat oor hoe goed jy is, maar dis verkeerd om hoogmoedig te raak en te dink jy is nou beter as iemand anders. Sodra jy hierdie gedagtes begin kry, is jy eintlik in die moeilikheid en moet jy versigtig wees om nie jou vingers te brand nie. Stop nou en draai terug en gee vir God die kroon.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page