Dankie Jesus
- Gerda Jansen
- Sep 4, 2017
- 2 min read

1 Thess 5:18 –
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Wanneer dinge nie gaan soos ons daarvan hou nie, kan ons baie maklik kla en kwaad word. Dit lyk asof dit die logiese is om te doen, want meeste van ons tree so op. Maar Paulus kom leer ons om in alle omstandighede dankbaar te wees. Nie net wanneer dinge mooi uitwerk en dit goed gaan met ons nie. Daar is nie so ding dat dit altyd gaan goed gaan met jou omdat jy nou ‘n van die Here is nie, daar gaan nog steeds harde en moeilike tye wees. Maar dit is ons reaksie daarop wat nou anders moet wees. Dit is ons optrede wat die wêreld n moet wys dat ons anders is e naan God behoort. God het gesê en belowe dat Hy altyd by ons sal weer, wanneer die storm kom, jy voel of jy in ‘n donker gat sit, en jy nie die einde kan sien nie, het ons geloof en vertroue en weet ons in ons harte God is in beheer en Hy sal sorg. Hy sal jou nie teleurstel nie. Ons hele lewe moet wys dat ons dankbaar is. Ons lewe met blydskap en vrede in ons harte. Wanneer iemand iets vir jou doen, is jy nie bang of skaam om dankie te sê nie. Trots kan maak dat ons ook uitmis op ‘n ‘blessing’ van die Here af. Ons is dankbaar vir dit wat ons het en vergelyk en kla nie oor dit wat ons als graag sal wil hê nie. Kies om dankbaar te wees vandag en elke dag.
Comments