Te naby my hart
- Gerda Jansen
- Sep 18, 2017
- 1 min read

Ps 133:1,3b –
Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! …Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ‘n lang, lang lewe. As ons dink aan wie dit is wat ons die seerste maak in hierdie lewe, is dit die mense die naaste aan ons. Die mense wat saam met jou in jou huis bly, jou gesin, jou familie. Josef se broers het hom gehaat, hul was jaloers op hom, wou hom niks gun nie. En dis hoe dit partykeer in ons eie huise gaan. Ons baklei met mekaar. Maar wat as daardie persoon nie meer môre daar is nie. Ek wil nie ‘n doemprofeet wees nie. Maar dis realiteit in hierdie lewe. Nie een van ons, weet wat in die toekoms gebeur nie. Ons praat sonder om te dink. Word kwaad vir mekaar in ‘n oomblik en sê goed wat seermaak en ‘n leeftyd hou. As dit eers uit jou mond uit is, kan jy dit nie terugtrek nie. Jammer sê ‘n moet, maar dit kan nie regtig daai wond weer wegvat nie. Dawid sing van hoe mooi dit is as broers saamwerk en dit kom uit liefde vir mekaar. Want liefde hou ‘n gesin bymekaar. Liefde kom van die hart af. Hoe tree jy op teenoor die wat die naaste aan jou hart is? Is jy ‘n broer of suster of kind wat omgee, wat kies om vrede te bewaar in jul huis? Of is jy die moeilikheidmaker in die huis? Blessing kan jy verwag as jy ook bereid is om in liefde en eenheid saam met die mense in jou huis te bly.
댓글