Celebrate Sy liefde
- Gerda Jansen
- Sep 25, 2017
- 2 min read

Ps 57:10,11 –
Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies U lof besing, want U liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke. Wanneer ek en jy ‘down en out’ voel..sommer net misluk of hartseer, is dit moeilik om die goeie dinge raak te sien. Meeste dinge in hierdie lewe gaan oor dit wat jy kan gee…as jy dit doen… sal ek dit doen. Partykeer voel jy asof jy moeg gegee is. Al jou tyd en aandag spandeer jy om mense om jou ‘happy’ te hou. En dan kom jy op ‘n punt waar jy net moeg is, jy voel jy het nie meer lus nie en jy is nou net ‘n leë dop. Mens moet rus ook, jy moet ook iewers jou eie emmer gaan volmaak. Die beste plek waar ek ken om dit te doen is by God. Wanneer ek op Hom fokus, bietjie ‘praise and worship songs’ luister dan kan ek na so rukkie voel hoe dit my begin op’cheer’. En dis wat Dawid gedoen het, ten spyte daarvan dat sy lewe in gewaar was. Terwyl hy weggekruip het vir Saul het hy nie vergeet van God se ewige liefde nie. Hy’t nie daaraan getwyfel nie, hy het daaraan vasgehou. Want al gebeur wat okal, sal God se liefde vir Sy kinders altyd bly staan. Niemand kan dit van ons wegvat nie. Dis ‘n plek waar jy kan rus, kan opvul, moed kan kry. Celebrate weer God se liefde vir jou en beleef hoe jou gemoed sommer verander. Jou krag is in Sy liefde en in jou vreugde oor Hom wat jou gemaak het. Jy’t nie ‘n pilletjie nodig om jou weer beter te laat voel nie. Jou inspuiting en beste medisyne is wanneer jy God se liefde erken en deelmaak van wie jy is.
Comments