top of page

Maak jy reg met vuiste of oop hande?

  • Gerda Jansen
  • Oct 2, 2017
  • 2 min read

Gen 49:5, 6 –

Simeon en Levi is die soos die ander: altyd gereed vir geweld. Aan hulle beraadslagings wil ek geen deel hê nie, in hulle vergaderings wil ek nie kom nie, want koelbloedig het hulle mense vermoor,

roekeloos het hulle diere mishandel. Jakob se seuns was rof. Hulle het gehou daarvan om dinge met hul vuiste reg te maak. Hulle het gou kwaad geword. Dis in vandag se lewe ook so. Daar is geweld orals op die TV, mens lees daarvan in die koerante. Dis asof dit die manier geword het om dinge te hanteer. Jy sien dit seker by jou skool ook raak. Die ouens wat dinge wil regslaan, selfs meisies wat rof baklei. Selfbeheersing bestaan nie meer nie. Wees versigtig waarmee jy jou kop vol maak. As jy heeltyd ‘action movies’ kyk, rofstoei gevegte op die televisie…gaan dit iewers vashaak. Dit is net hoe dit is..wat jy insit is wat uitkom. Baie jong ouens sê: My pa is so, nou is ek ook so. Jy is mos al groot en kan vir jouself besluit hoe jy gaan optree. Daar is ook nagevolge. As jy heeltyd met woede optree, gaan jy dit ook terugkry. Dis nie ‘n teken van braaf wees nie. Almal gaan nie altyd vir jou terugstaan nie, en jy sien dalk nie raak wat jou optrede se uitwerking is op mense om jou nie. Jy sien dalk nie hul hartseer dan raak nie. Dit laat jou belangrik voel, jou laat jy is in beheer. Maar die wonde wat jy agterlaat is meer as net ‘n stukkende plek. Jou lewe moet vrugte dra van die Heilige Gees. Streef eerder om vriendeliker te wees, meer geduld te hê, mense om jou met liefde te behandel. Dit maak jou nie ‘n ‘softy’ nie, maar eerder iemand by wie ander mense wil wees. Mense sal nader aan jou beweeg. Moenie mense wegstoot deur jou woede en seer nie.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page